Opbrengs op Lojaliteit

AgriRewards

AgriRewards is 'n uitgestelde bonusplan waarin Senwes jaarliks 'n deel van sy wins aan klante toeken om hulle vir hulle lojale besigheid met Senwes gedurende die jaar te beloon. Die bonus word in kontant betaal in die jaar waarin hierdie toekenning verval.

AgriRewards
Allokasies vir die 2023/24 Finansiële Jaar
Die transaksies wat in aanmerking kom vir die finansiële jaar 2024 is as volg:
  • Agri Credit Solutions

    Rentedraende transaksies: 0,35% van die gemiddelde rentedraende skuld.

  • Senwes Grainlink

    Senwes-silolewerings: R50/ton

    Graan per ton aangekoop: R5 per ton

  • Senwes Equipment

    Aankope van nuwe heelwerktuie (3%) en aankope van onderdele (3%).

  • Certisure Group

    Premies van bateversekering (0,5%), kredietlewensversekering (0,5%) en gewasseversekering (0,5%). Indien kliënte met al drie die versekeringsegmente sake doen, word 'n bykomende 0,5% per versekeringsegment toegeken wat die totale voordeel na 3% van premies sal verhoog.

  • Hinterland Holdings

    1% van winkel-aankope, 1.5% van stoor-aankope en 0.5% van direkte saad-aankope


Senwes stel ook die Vlakstelsel bekend waar lojale klante wat besigheid doen met ‘n kombinasie van die deelnemende bedrywe, addisionele bonusse verdien.


Sluitingsdatum?

Registrasie vir die 2023/2024 finansiële jaar se bonusse sluit 31 Maart 2024.

Hoe werk AgriRewards?

Die bonus waarvoor klante in aanmerking kom, is onderhewig aan spesifieke reëls, nie oordraagbaar nie, jaarliks vasgestel, en word na afloop van Senwes se finansiële jaareinde gekommunikeer. Klante moet registreer om deel te neem.

  • 01
    Deelname

    Deelname is nie outomaties nie en klante moet spesifiek registreer om aan die skema deel te neem. Sodra 'n klant vir die skema registreer, sal hy/sy outomaties geregistreer bly vir opeenvolgende jare en hoef nie weer te registreer nie, tensy die klant kies om te deregistreer.

  • 02
    Bonus

    Die uitgestelde bonus van elke klant word jaarliks bepaal op grond van die omvang van sake wat met Senwes gedurende die jaar gedoen is en word in kontant uitbetaal in die jaar waarin die toekenning verval. Die bonus waarvoor klante kwalifiseer, word na die einde van die Senwes finansiële jaar vasgestel en gekommunikeer.

  • 03
    Reëls

    Die bonus is onderhewig aan spesifieke reëls soos aangekondig vir die betrokke jaar. Hierdie reëls ten opsigte van kwalifiserende sake word bepaal en aangekondig deur die raad van Senwes. Die bonus word toegeken per entiteit of individu en is nie oordraagbaar na ander regspersone nie.

Let op: Die voordeel van die skema is dat klante wat gedurende die jaar met van die kwalifiserende besighede sake doen, jaarliks 'n toekenning sal ontvang. Op hierdie manier sal die poel van bonusse ook jaarliks groei. Hoewel die bonusse nie onmiddellik betaalbaar is nie, kan die bonus teen huidige waarde as sekuriteit by Agri Credit Solutions, aangebied word.

Ons Vennote
Meer oor hoe die program werk:

Hoe werk die Vlakstelsel?

AgriRewards-lede wat besigheid doen met 'n kombinasie van die deelnemende besighede in die Senwes Groep verdien addisionele bonusse. Hoe meer besigheid, hoe meer voordele. Die Vlakstelsel is gebaseer op die tonne gelewer by Senwes se Grainlink-silo's:

Die vlakke is soos volg:
  • Vlak 1 - 2 500 tot 4 999 ton
  • Vlak 2 - 5 000 tot 9 999 ton
  • Vlak 3 - 10 000 tot 19 999 ton
  • Vlak 4 - 20 000 tot 39 999 ton
  • Vlak 5 - Meer as 40 000 ton
Ten einde te kwalifiseer, onthou:
  • 70% van die tonne gelewer moet aan Senwes verkoop word,
  • R80 per ton moet op aankope van Senwes-toerusting spandeer word,
  • R10 per ton moetop versekering by Certisure bestee word, en
  • R667 per ton moet op aankope by Hinterland-takke bestee word.

'n Minimum van 75% sal van toepassing wees.

Addisionele bonusse per vlak:
  • Vlak 1 - R10 per ton addisioneel
  • Vlak 2 - R20 per ton addisioneel
  • Vlak 3 - R30 per ton addisioneel
  • Vlak 4 - R40 per ton addisioneel waarvan R5 in 2024 in kontant uitkeer
  • Vlak 5 - R50 per ton addisioneel waarvan R10 in 2024 in kontant uitkeer
Korttermynvoordeel 1
Korting op aankope van nuwe voertuie:

AgriRewards bied korttermyn voordele vir geregistreerde klante in die vorm van ’n korting op die aankope van nuwe voertuie. Senwes, in samewerking met verskaffers, bied hierdie korting op bykans al die top handelsname in die bedryf (naamlik Toyota, Ford, Nissan, Isuzu, Mercedes Benz, Volkswagen ens.). Deelnemende klante kan ook opsioneel hul bestaande voertuie inruil.


Die volgende stappe kan gevolg word om van hierdie voordeel gebruik te maak:
  1. Kontak die AgriRewards span by 066 474 8888.
  2. Voorsien ons van ‘n volledige beskrywing van die voertuig waarna jy opsoek is (maak, model, petrol/diesel, handrat/outomaties, enjingrootte ens.).
  3. Verskaf besonderhede van alle bykomstighede wat jy vereis.
  4. Voorsien ons van die volgende kontakbesonderhede:
    • Naam en van
    • Boerdery naam
    • E-posadres en telefoonnommer
    • Senwes klantnommer
  5. Die AgriRewards span sal dan kwotasies aanvra by verskaffers en korting onderhandel.
  6. Hierdie kwotasies sal dan aan jou gestuur word om te oorweeg.
  7. Indien jy die kwotasie aanvaar, sal ons jou in kontak sit met die verskaffer om die transaksie verder te han
Indien jy jou huidige voertuig wil inruil, moet die volgende addisionele stappe gevolg word:
  1. Stuur die volgende besonderhede van die voertuig wat jy wil inruil per epos aan [email protected] of WhatsApp na 066 474 8888.
    • Volledige beskrywing van die voertuig (maak, model, petrol/diesel, handrat/outomaties, enjingrootte ens.).
    • Kilometerlesing
    • Email address and phone number
    • Foto’s (binne, buite en lisensieskuif)
  2. Die AgriRewards span sal die bogenoemde inligting na verskillende handelaars stuur, aanbiedinge ontvang en die beste pryse vir jou deurgee.

Vir meer inligting oor hierdie aanbiedinge, SMS die sleutelwoord KAR na 31022 of stuur ‘n e-pos aan [email protected].

SS Wealth Planning professionele dienste:

SS-Wealth Planning is ‘n nuutgevonde welvaartbeplanningsdiens wat nie net daarop gemik is om welvaart te skep nie, maar ook om langtermyn finansiële gemoedsrus vir kliënte te verseker.

Die groep verteenwoordig ‘n dinamiese samewerkingsooreenkoms tussen Senwes en S-BRO Finansiële Dienste (onder leiding van dr Stefan Strydom), waarvan elke party ‘n gelyke aandeelhouer is.

’n Leemte in die mark is geïdentifiseer vir kliënte met unieke en komplekse finansiële behoeftes en daarom spesialiseer die SS Wealth-span in pasgemaakte oplossings.

SS Wealth lewer die volgende professionele dienste:
  • Boedel beplanning
  • Konsultasie oor en opstel van testamente en trusts
  • Maatskappy strukturering
  • Belastingbeplanning
  • Welvaartbestuur
  • Uitgebreide sekretariële dienste
  • BEE-oplossings
  • Pensioenfondse
  • Werknemersvoordele

Vir meer inligting oor hierdie professionele dienste, kontak gerus vir Nadia Swanepoel

Lorem Ipsum Lorem ipsum is placeholder text commonly used in the graphic, print, and publishing industries for previewing layouts and visual mockups.

Contact knight

Lorem Ipsum Lorem ipsum is placeholder text commonly used in the graphic, print, and publishing industries for previewing layouts and visual mockups.

Contact Julia
Korttermynvoordeel 2
SS Wealth Planning professionele dienste:

SS-Wealth Planning is ‘n nuutgevonde welvaartbeplanningsdiens wat nie net daarop gemik is om welvaart te skep nie, maar ook om langtermyn finansiële gemoedsrus vir kliënte te verseker.

Die groep verteenwoordig ‘n dinamiese samewerkingsooreenkoms tussen Senwes en S-BRO Finansiële Dienste (onder leiding van dr Stefan Strydom), waarvan elke party ‘n gelyke aandeelhouer is.

’n Leemte in die mark is geïdentifiseer vir kliënte met unieke en komplekse finansiële behoeftes en daarom spesialiseer die SS Wealth-span in pasgemaakte oplossings.

SS Wealth lewer die volgende professionele dienste:
  • Boedel beplanning
  • Konsultasie oor en opstel van testamente en trusts
  • Maatskappy strukturering
  • Belastingbeplanning
  • Welvaartbestuur
  • Uitgebreide sekretariële dienste
  • BEE-oplossings
  • Pensioenfondse
  • Werknemersvoordele

Vir meer inligting oor hierdie professionele dienste, kontak gerus vir

Het jy gehoor van die nuwe AgriRewards+?

AgriRewards+ is ʼn gemeenskapsgebaseerde program waar AgriRewards-lede outomaties tot hul spesifieke gemeenskappe bydra deur middel van sekere besigheid wat binne die Senwes Groep gedoen word

English