Die Residensiële, Gholf & Turfreekse is beskikbaar by ons toerustingvennoot, JDI. Besoek asseblief hul webwerf vir meer besonderhede: www.jdimplemente.co.za
Senwes Equipment is ’n landboutoerusting- en diensonderneming wat agri-meganisasie, konstruksie-, bosbou- en mynbouprodukte en -implemente, instandhouding, presisieboerdery en toerustingverhuringsoplossings aan produsente en klante bied.
Die verkrygings van Trekker en Diesel en AMC Equipment het Senwes Equipment se produkaanbod, diensvermoë, geografiese voetspoor en markbereik verder uitgebrei.
Senwes Equipment is ’n gemagtigde John Deere-handelaar.
WerkswinkelsSenwes Equipment bied ’n omvattende reeks toerusting-, tegnologie- en ondersteuningsoplossings vir die landbou-, konstruksie-, bosbou- en mynbousektore.
Ons aanbod sluit nuwe en gebruikte heelwerktuie, trekkergetrekte implemente, presisieboerderytegnologie, instandhoudings- en herstelwerkdienste, na-mark onderdele en toerustingverhuringsoplossings in.
Deur ons nasionale taknetwerk, gespesialiseerde vervaardigingsvermoë en vennootskappe met toonaangewende internasionale handelsmerke help ons produsente om produktiwiteit, doeltreffendheid en langtermyn bedryfsprestasie te verbeter.
Produkte en DiensteJDI is ’n gemagtigde John Deere-handelaar en brei Senwes Equipment se geografiese voetspoor uit deur landboutoerusting- en instandhoudingsoplossings in die Wes- en Oos-Kaap te verskaf.
Die Falcon Groep, deur sy Falcon- en Staalmeester-handelsmerke, versterk Senwes Equipment se produkaanbod en mededingende voordeel in die agri-sektor. Staalmeester vervaardig en voer landboutoerusting vir klein en mediumgrootte produsente in, terwyl Falcon trekkergetrekte implemente en onderdele vir die Suid-Afrikaanse en sub-Sahara landbou- en turfmarkte vervaardig en versprei. Falcon is ook ’n belangrike invoerder van Amazone-landboumasjinerie in Suider-Afrika.
S&L Holdings Group brei Senwes Equipment se internasionale voetspoor uit en bied agri-meganisasietoerusting, implemente en instandhoudingsoplossings aan landbouprodusente in die Brandenburg- en Sakse-streke van Oos-Duitsland. S&L Holdings Group is ook ’n gemagtigde John Deere-handelaar.
Prodist Mechanisation spesialiseer in die verkryging, invoer en verspreiding van gehalte-na-mark landbou-onderdele.








Senwes Equipment bied die dienste van toegewyde heelwerktuigbemarkers wat uitsonderlike klantediens en kundige advies lewer, aan ons klante. Ons span bestaan uit bekwame en professionele individue wat daartoe verbind is om omvattende konsultasies te doen en ondersteuning te bied ten einde aan al die produsent se boerderytoerustingbehoeftes te voldoen.
Ons verstaan dat kwaliteit onderdele van kardinale belang is vir die optimale funksionering van jou toerusting. Daarom tree ons op as trotse agent vir bekende handelsmerke soos John Deere, Agritec, Slattery, Kongskilde, Kuhn, Krone, John Shearer, Rovic, Soilmaster, Exide Batteries, Willard Batteries, GUD & Donaldson Filters, Drotsky, Orthman, Amazone, Falcon, KM, and SKF Bearings. Ons voorraad sluit ook 'n wye reeks onderdele, boute en moere, laers, V-bande, kettings, kragaftakkeronderdele en skakelonderdele. Verder bied ons ook 'n verskeidenheid John Deere speelgoed aan klante. Wees verseker dat ons verbintenis tot uitstekende diens aan ons klante onwankelbaar is.
By Senwes Equipment speel ons werkswinkels 'n kritiese rol in die verskaffing van noodsaaklike ondersteuning en na-verkopediens aan ons gewaardeerde klante. Ons span bekwame ambagsmanne bied gespesialiseerde dienste, algemene herstelwerk en instandhouding vir alle agentskapprodukte, ten einde volhoubare ondersteuning vir ons klante te verseker. Vertrou ons om jou van die hoogste gehalte diens en ondersteuning vir jou landboutoerustingbehoeftes te voorsien.
Die Presisieboerdery-afdeling by Senwes Equipment werk nou saam met Senwes Landboudienste om op 'n wetenskaplike, praktiese en verantwoordelike wyse die voorste boerderytegnologie aan produsente te verskaf. Ons doel is om gewasproduksie te optimaliseer en die hoogste moontlike opbrengs op die produsent se belegging te verseker. Senwes Presisieboerdery bied betroubare, aanpasbare, opgradeerbare en gebruikersvriendelike produkte om jou boerdery te verbeter.
Senwes Equipment se John Deere-oproepsentrum is 'n dinamiese middelpunt van presisietegnologie en tegniese kundiges wat 'n effektiewe en doeltreffende diens aan John Deere-klante bied. Deur gebruik te maak van deeglike data-analise, optimaliseer die oproepsentrum die benutting van jou masjinerie, antisipeer instandhouding, verminder die staantyd en voorkom duur katastrofiese mislukkings. Met 'n span gekwalifiseerde vlak 4-tegnici, bied die oproepsentrum intydse ondersteuning vir boerderytoerusting, wat boere help om die algehele gesondheid van hul gekoppelde vloottoerusting te verbeter.
Deur gebruik te maak van telematiese masjienverbindingstegnologie (JDLink™), gebruik die oproepsentrum 'n reeks intydseondersteuningshulpmiddels.
'n Sein word vanaf die masjien se kajuit na die oproepsentrum gestuur vir enige tegnologiese of elektroniese foute.
Die sein word in 'n diagnostiese probleemkode vertaal, die eienaar word in kennis gestel en 'n dienskonsultant word ingelig om afstanddiagnose te begin..
Konsultante evalueer dan die situasie om te bepaal of 'n besoek aan die plaas of bykomende diagnostiese diens nodig is. As 'n plaasbesoek benodig word, kan die data wat versamel is, die tegnikus help om dienooreenkomstig te beplan en sodoende klaar die regte onderdele en gereedskap saam te neem om die probleem die eerste keer reg te stel en die impak van enige staantyd te verminder.
Senwes Equipment verskaf hoë gehalte gebruikte heelwerktuie. Besoek asseblief ons toegewyde afdeling vir hierdie toerusting deur op die skakel hieronder te klik. Indien jy enigiets sien wat jou belangstelling prikkel en by jou behoeftes pas, kontak ons asseblief via die kontaknommers hieronder.
Benodig u nuwe toerusting, instandhoudingsoplossings of presisieboerderytegnologie? Ons span by Senwes Equipment is daar om u by te staan.

