Landbou-, Konstruksie- en Bosboutoerusting | Verskaf deur

Senwes Equipment

Heelwerktuie om aan elke behoefte te voldoen

Residensieel, Gholf en Turf

Die Residensiële, Gholf & Turfreekse is beskikbaar by ons toerustingvennoot, JDI. Besoek asseblief hul webwerf vir meer besonderhede: www.jdimplemente.co.za

Wie ons is

Senwes Equipment is 'n filiaal van Senwes wat spesialiseer in die verskaffing van landboutoerusting en -dienste. Senwes Equipment bied agri-meganisasie-, konstruksie- en mynbouprodukte en -implemente, instandhouding en presisieboerderyoplossings aan produsente en klante.

Werkswinkels

Wat ons bied

As John Deere-agent verskaf Senwes Equipment heelgoedere en onderdele en is onlangs as agent vir die John Deere konstruksie- en bosboureeks aangestel.

Produkte en Dienste

Ons Vennote

JDI, 'n filiaal van Senwes met die Tomlinson familie as vennoot, brei Senwes Equipment se geografiese voetspoor uit deur landboutoerusting en instandhoudingsoplossings in die Wes- en Oos-Kaap te verskaf..

Staalmeester, nog 'n filiaal van Senwes, het die Coetzee familie as vennoot en verbreed Senwes Equipment se produkaanbiedings deur landboutoerusting vir klein en mediumgrootte produsente te vervaardig en in te voer.

Falcon Equipment (ook 'n Senwes-filiaal) verhoog Senwes Equipment se mededingende voordeel in die agri-sektor verder deur implemente wat deur 'n trekker gesleep word en onderdele te vervaardig en te versprei na die Suid-Afrikaanse en sub-Sahara landbou- en turfmarkte.

Ons Handelsmerke

Senwes Equipment
JDI
Staalmeester
Falcon Equipment
S&L Connect
Prodist

Produkte en Dienste

Heelwerktuie

Senwes Equipment bied die dienste van toegewyde heelwerktuigbemarkers wat uitsonderlike klantediens en kundige advies lewer, aan ons klante. Ons span bekwame en professionele individue is daartoe verbind om omvattende konsultasies te doen en ondersteuning te bied ten einde aan al die produsent se boerderytoerustingbehoeftes te voldoen.

Agri Heelwerktuigbestuurders:
 
 
Konstruksie en Bosbou Heelwerktuigbestuurders:
 
 

Onderdele

Ons verstaan dat kwaliteit onderdele van kardinale belang is vir die optimale funksionering van jou toerusting. Daarom tree ons op as trotse agent vir bekende handelsmerke soos John Deere, Agritec, Slattery, Kongskilde, Kuhn, Krone, John Shearer, Rovic, Soilmaster, Exide Batteries, Willard Batteries, GUD & Donaldson Filters, Drotsky, Orthman, Amazone, Falcon, KM, and SKF Bearings. Ons voorraad sluit ook 'n wye reeks onderdele, boute en moere, laers, V-bande, kettings, kragaftakkeronderdele en skakelonderdele. Verder bied ons ook 'n verskeidenheid John Deere speelgoed aan klante. Wees verseker dat ons verbintenis tot uitstekende diens aan ons klante onwankelbaar is.

 

Meganisasiewerkswinkels

By Senwes Equipment speel ons werkswinkels 'n kritiese rol in die verskaffing van noodsaaklike ondersteuning en na-verkopediens aan ons gewaardeerde klante. Ons span bekwame ambagsmanne bied gespesialiseerde dienste, algemene herstelwerk en instandhouding vir alle agentskapprodukte, ten einde volhoubare ondersteuning vir ons klante te verseker. Vertrou ons om jou van die hoogste gehalte diens en ondersteuning vir jou landboutoerustingbehoeftes te voorsien.

 

Presisieboerdery

Die Presisieboerdery-afdeling by Senwes Equipment werk nou saam met Senwes Landboudienste om op 'n wetenskaplike, praktiese en verantwoordelike wyse die voorste boerderytegnologie aan produsente te verskaf. Ons doel is om gewasproduksie te optimaliseer en die hoogste moontlike opbrengs op die produsent se belegging te verseker. Senwes Presisieboerdery bied betroubare, aanpasbare, opgradeerbare en gebruikersvriendelike produkte om jou boerdery te verbeter.

 

24/7 Oproepsentrum

Senwes Equipment se John Deere-oproepsentrum is 'n dinamiese middelpunt van presisietegnologie en tegniese kundiges wat 'n effektiewe en doeltreffende diens aan John Deere-klante bied. Deur gebruik te maak van deeglike data-analise, optimaliseer die oproepsentrum die benutting van jou masjinerie, antisipeer instandhouding, verminder die staantyd en voorkom duur katastrofiese mislukkings. Met 'n span gekwalifiseerde vlak 4-tegnici, bied die oproepsentrum intydse ondersteuning vir boerderytoerusting, wat boere help om die algehele gesondheid van hul gekoppelde vloottoerusting te verbeter.

Hoe werk dit?

Deur gebruik te maak van telematiese masjienverbindingstegnologie (JDLink™), gebruik die oproepsentrum 'n reeks intydseondersteuningshulpmiddels.

  • 01
    Foutsporing

    'n Sein word vanaf die masjien se kajuit na die oproepsentrum gestuur vir enige tegnologiese of elektroniese foute.

  • 02
    Stel die eienaar in kennis

    Die sein word in 'n diagnostiese probleemkode vertaal, die eienaar word in kennis gestel en 'n dienskonsultant word ingelig om afstanddiagnose te begin..

  • 03
    Ontleding van die probleem

    Konsultante evalueer dan die situasie om te bepaal of 'n besoek aan die plaas of bykomende diagnostiese diens nodig is. As 'n plaasbesoek benodig word, kan die data wat versamel is, die tegnikus help om dienooreenkomstig te beplan en sodoende klaar die regte onderdele en gereedskap saam te neem om die probleem die eerste keer reg te stel en die impak van enige staantyd te verminder.

Call Center: 018 464 7550
 

Gebruikte Heelwerktuie

Senwes Equipment verskaf hoë gehalte gebruikte heelwerktuie. Besoek asseblief ons toegewyde afdeling vir hierdie toerusting deur op die skakel hieronder te kliek. Indien jy enigiets sien wat jou belangstelling prikkel en by jou behoeftes pas, kontak ons asseblief via die kontaknommers hieronder.

 
 
Gebruikte Heelwerkuie Webwerf
Ons help graag

Wat is jou behoefte?

Benodig u nuwe toerusting, instandhoudingsoplossings of presisieboerderytegnologie? Ons span by Senwes Equipment is daar om u by te staan.

  • Heelwerktuie
  • Onderdele
  • Werkswinkels
  • Presisie
English