Algemene Kompetisiereëls

Laas Hersien: 17-07-2021

  1. Besonderhede van die kompetisie en die wyse van inskrywing word in die advertensie verstrek en slegs inskrywings wat daaraan voldoen sal in aanmerking geneem word. 
  2. Geen personeellid van Senwes of enige van Senwes se filiaal of verwante maatskappye, Senwes se borge en hul reklame-agentskappe, of enige lid van sodanige personeellid se gesin, mag aan die kompetisie deelneem nie. 
  3. Senwes aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir inskrywings wat nie ontvang word nie of verlore raak. 
  4. Senwes aanvaar geen verantwoordelikheid vir skade of enige verliese gely deur persone wat aan die kompetisie deelneem nie. 
  5. Wenners mag versoek word om beskikbaar te wees vir toekomstige Senwes reklamedoeleindes, indien nodig, insluitende die plasing van foto’s. 
  6. Senwes aanvaar geen verantwoordelikheid vir onakkurate, onvolledige of misleidende inligting verskaf deur die prysborge nie. 
  7. Senwes aanvaar geen verantwoordelikheid indien prysborge nie na vore tree nie. 
  8. Die pryse kan nie vir kontant omgeruil word nie.
  9. Die pryse kan by Senwes se Hoofkantoor in Klerksdorp afgehaal word.
  10. Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie. 
  11. Die wenners sal bepaal word deur ʼn gelukstrekking waar die gekose wenners uit die poel van inskrywings, met behulp van ʼn nommersisteem, getrek sal word. 
  12. Die wenner/s sal telefonies of per e-pos in kennis gestel word by die telefoonnommer of e-pos adres soos verstrek.
  13. Enige verdere inligting oor die kompetisie kan verkry word op Senwes se webblad www.senwes.co.za of telefonies by 018 464 7449. 
English