Die Senwes-toep is jou moderne boerderyvennoot, toegerus met noodsaaklike funksionaliteit om jou landboubedrywighede vaartbelyn te maak en die beste besluite vir jou besigheid te neem.
Senwes App PageOns storie is nie nuut nie. Na 116 jaar lê Senwes se spore diep in die gemeenskap. Saam het ons grond gebreek en nou roep die toekoms ons om nuwe paaie te stap. Geanker in ‘n sterk geskiedenis, hoop en geloof sien ons uit om te gaan waar die pad ons lei. Senwes – saam los ons nuwe spore.
Senwes App Page2023/24 Tussentydse Resultate
Die verkorte gekonsolideerde tussentydse resultate van Senwes Beperk en Agribel Beherend Beperk soos op en vir die ses maande geëindig 31 Oktober 2023.
2022/23 Finansiële Jaar
Die 2023 verslagportaal bevat die uiteensetting van die verskillende verslae, finansiële kenmerke, 'n video aangaande die finansiële resultate, en 'n funksie waar gebruikers hul eie samestelling van die geïntegreerde verslag kan genereer.
2024/25 AJV
Om ‘n gladde en doeltreffende stemproses te verseker, moedig ons alle lede aan om die stemgids vooraf af te laai. Hierdie gids verskaf volledige instruksies oor hoe om jou stem vir die besluite uit te bring.
Die verkorte gekonsolideerde tussentydse resultate van Senwes Beperk (“die maatskappy”) soos op, en vir die ses maande geëindig 31 Oktober 2023, bestaan uit die maatskappy, al sy filiale, gesamentlik beheerde entiteite en geassosieerdes (gesamentlik na verwys as “die groep”) .
Die Senwes Groep het pas sy jongste finansiële resultate vir 2023/24 aangekondig. ʼn Inkomste van R14 684 miljoen (groei van 7,6%), wins na belasting toeskryfbaar aan aandeelhouers van die maatskappy van R855 miljoen, en ʼn genormaliseerde wesensverdienste van 484,3 sent per aandeel.
Die 2025 Geïntegreerde Verslag, met die tema “Los Nuwe Spore”, weerspieël die Groep se veerkragtigheid en vermoë om te innoveer. Dit erken ’n nalatenskap wat gebou is op ervaring, deursettingsvermoë en langtermyn-verhoudings, terwyl dit die Groep se evolusie vasvang deur vars denke, gewaagde besluite en hernude energie. Namate Senwes by veranderende tye aanpas, toon die verslag hoe volhoubare waarde oor die kort, medium en lang termyn vir beleggers en belanghebbendes geskep word.
Die direkteure is verantwoordelik vir die voorbereiding, integriteit en redelikheid van die aanbieding van die afsonderlike en gekonsolideerde finansiële state van die maatskappy en sy filiale, geassosieerde en gesamentlike ondernemings.
Die Volhoubaarheidsverslag vir die finansiële jaar geëindig 30 April 2025 is beskikbaar as 'n aparte aanlyn verslag.
Die Senwes Groep het weereens ’n stel sterk en veerkragtige finansiële resultate vir die boekjaar geëindig op 30 April 2024 gelewer. Resultate is gedurende die tweede helfte van die jaar negatief beïnvloed weens somerdroogte en uiters hoë temperature, eie aan die El Niño-verskynsel.
Luister na die onderhoud met Debbie Bester, Groep Uitvoerende Hoof, wat kommentaar lewer oor die resultate van die Senwes Groep.
Kyk die video waarin Debbie Bester, Groep Hoof Uitvoerende Beampte van Senwes, en Wayne Edwards, Waarnemende Groep Hoof Finansiële Beampte van Senwes, die finansiële resultate vir die boekjaar 2024/2025 wat op 30 April 2025 geëindig het, ontleed.
Vind hierby aangeheg die kennisgewing van die algemene jaarvergadering (AJV) van Senwes Beperk, wat op Donderdag 28 Augustus 2025 om 09:00 gehou sal word by wyse van elektroniese deelname of persoonlike verteenwoordiging by Senwes se hoofkantoor, soos voorsien in die Maatskappywet Nr. 71 van 2008, soos gewysig (“die Wet”) en die AVO.
Afrikaans:
English:
Kennis geskied hiermee dat die raad van direkteure van die maatskappy ‘n finale dividend (nr. 50) van 37 sent per aandeel asook ‘n spesiale dividend (nr. 51) van 37 sent per aandeel op 5 Julie 2024 verklaar het vir die periode geëindig 30 April 2024.
Die gekonsolideerde volledige finansiële state vir die finansiële jaar geëindig 30 April 2025. Die direkteure is verantwoordelik vir die voorbereiding, integriteit en redelikheid van aanbieding van die afsonderlike en gekonsolideerde finansiële state (finansiële jaarstate) van die maatskappy en sy filiale, geassosieerde en gesamentlike ondernemings.
Die direksie van Agribel Holdings Beperk (“Agribel”) het die voorreg om die verkorte jaarverslag van die Agribel Groep vir die jaar geëindig 30 April 2025 aan u voor te lê. Hierdie verslag moet saam met die volledige jaarlikse finansiële state op die Senwes-webwerf gelees word.
Die raad van direkteure van die maatskappy het 'n finale dividend (n. 50) van 37 sent per aandeel asook 'n spesiale dividend (nr. 51) van 37 sent per aandeel op 5 Julie 2024 verklaar vir die periode geëindig 30 April 2024.
Vind asseblief hierby aangeheg die kennisgewing van die algemene jaarvergadering van Agribel Beherend Beperk ("Agribel"), soos voorsien in die Maatskappywet Nr. 71 van 2008, soos gewysig (“die Wet”) en die AVO wat gehou sal word op Donderdag, 28 Augustus 2025 om 11:00 te Senwes Hoofkantoor sowel as op ‘n elektroniese basis.
Afrikaans:
English:
Vind asseblief hierby aangeheg die kennisgewing van die algemene jaarvergadering (AJV) van Agribel Beherend Beperk ("Agribel"), soos voorsien in die Maatskappywet Nr. 71 van 2008, soos gewysig (“die Wet”) en die AVO wat gehou sal word op Donderdag, 29 Augustus 2024 om 11:00 te Senwes Hoofkantoor sowel as op ‘n elektroniese basis.
Afrikaans:
English:
Bly op hoogte van die nuutste neigings en innovasies in die bedryf en kry waardevolle insigte in die wêreld van landbou.
Die Senwes-toepassing help jou om waardevolle insigte en data op die punte van jou vingers beskikbaar te hê, sodat jy kan fokus op wat die belangrikste is – om jou boerdery te laat groei. Laai dit nou af!
Opbrengsskatting sakrekenaar | Gebruik hierdie handige berekeningsinstrument om jou verskillende kommoditeitsopbrengs voor die oes, te skat.
Nuus | Bly op hoogte van die jongste nuus en aankondigings vanaf Senwes. Die Senwes-toepassing bring vir jou insiggewende artikels, markneigings, bedryfsopdaterings en vele meer.
Chatbot | Gebruikerondersteuning binne bereik! Die Senwes Chatbot Assistent kan jou tyd en moeite bespaar deur oplossings te vind vir watter besigheidsprobleem jy ook al in die gesig staar.
Statements | Trek jou maandrekening se saldo en laai dit in PDF-formaat af.
Vir meer inligting, kenmerke en ons selfhelpgids, besoek die toep-bladsy Senwes Toep bladsy
Senwes fokus op die verskaffing van produksie-insette hoofsaaklik aan graanprodusente, asook marktoegang vir landbouprodukte. Dit is strategies gepaard met die verskaffing van waardetoegevoegde dienste, wat onder andere finansiering, versekering en landbou-ekonomiese dienste insluit.