Senwes Grondbrekersdag

#BreekNuweGrond #Proaktief #Toekomsgerig

11 Oktober 2023 | #SenwesGrondbrekersdag

Boer jy intelligent of kunsmatig?

Nes die res van die wêreld, verander landbou voortdurend. Verandering is ʼn gegewe. Die vraag is of jou gedagtes nóú reeds aan die toekoms gekoppel is sodat jy betyds gerat kan wees vir hierdie veranderinge?

Senwes se Grondbrekersdag praat met jong boere oor jong kwessies:

  • Watter nuwe tegnologie is op die horison?
  • Wat is die vooruitskattings van graanpryse en weerstoestande?
  • Wat lê voor in die ekonomie?
  • Wat gebeur in praktyk?
  • Hoe kan jy jou meganisasiebehoeftes bepaal en beplan?

Die goue draad van kunsmatige intelligensie word regdeur getrek. Vra jouself solank die vraag af: Is jy reg vir die toekoms?

Kom kyk na uitstallings, luister na kenners en verbreed jou netwerk.

  • Wanneer: 11 Oktober 2023
  • Waar: Senwes Hoofkantoor, Charel de Klerkstraat 1, Klerksdorp
  • Registrasie: 08:00-09:00

Beperkte sitplekke beskikbaar.

Grondbrekersdag
English