Wees op die uitkyk vir herfs-kommandowurms

  • 25 Januarie 2021
  • 299
  •  senwes
  •  
  •  nuus



Alhoewel hierdie wurm meestal mielieplante aanval, kom dit ook soms voor in katoen, koring, sorghum, sojabone, aartappels en grondbone. Dié indringerplaag moet so gou as moontlik geïdentifiseer word ten einde ʼn effektiewe bestrydingsprogram in plek te stel en daarom is dit belangrik dat monitering- en aanmeldingspogings in hierdie verband opgeskerp word.

Volgens die departement se woordvoerder, Reggie Ngcobo, moet daar veral gelet word op die voorkoms van eierpakkies, blaarskade en ruspes. In geval van motte kan ʼn lokmiddel as ʼn vroeë waarskuwing vir die teenwoordigheid van die plaag dien.

Vir meer inligting oor die landbouchemiese-beheer van die plaag, beleidsdokumente en nuttige skakels, raadpleeg www.dalrrd.gov.za/News-room/Media-release/Fallarmy






Verwante Artikels