Weerwaarskuwing: koudste nag tot dusver vir 2021

  • 22 Julie 2021
  • 1454
  •  Senwes
  •  
  •  nuus



Dié koue weerstoestande word toegeskryf aan baie koue (sub-polêre) lug wat vanaf die suide oor die land inbeweeg. Volgens die weerdiens is vandag een van die koudste dae in die afgelope tien jaar.

Tref voorsorg

  • Beskerm kwesbare plante teen die ryp en koue deur dit te bedek met rypdoek of ʼn deklaag van strooi, boombasstukkies, kompos, grassnysels of ander organiese materiaal. Alternatiewelik kan kartondose, leë melk-of plastiekkoeldrankbottels, glaskoepels en plastiekvelle gebruik word.
  • Skuif potplante binnenshuis.
  • Beskerm jou troeteldiere deur te verseker dat hulle ʼn behoorlike, warm skuiling het indien hulle nie in die huis toegelaat word nie. Isoleer hondehokke teen die koue deur stukke mat in die hok se vloer te plaas, die hok op ʼn stoep of patio te plaas weg van ʼn koue wind en te sorg dat daar ʼn droë kombers in die hok is.
  • Kleinveeboere word gemaan om te verseker dat hul diere genoegsaam beskut is teen die koue, omdat moontlike veevrektes kan voorkom. 





Verwante Artikels