Veilingspryse op herstelpad in 2021

  • 11 Junie 2021
  • 302
  •  Senwes
  •  
  •  nuus



So gesels Nick Serfontein, hoof van die Sernick-groep. Volgens Serfontein kan hierdie styging toegeskryf word aan produsente wat weer kuddes opbou, wildtelers wat terugkeer na beesboerdery, goeie graanoeste en ʼn nuwe vertroue in die landbou.

Tydens Sernick-Bonsmaras se 43ste produksieveiling wat vroeër in die maand plaasgevind het, is ʼn Bonsmarabul vir die rekordprys van R800 000 verkoop, terwyl die gemiddelde prys vir die 45 bulle wat aangebied is, R157 000 was. Volgens Serfontein vergelyk hierdie prys goed met dié van R122 000 in 2020 en R104 825 in 2019. Vroulike stoetdiere is teen gemiddeld R53 471 verkoop in vergeleke met die gemiddeld van R47 547 in 2020.

In die geval van kommersiële koeie (3-in-een) was die gemiddelde prys R36 400, vir dragtige kommersiële verse was dit R23 040 en vir kommersiële verse R16 303.

* Dié veiling is regstreeks en aanlyn waargeneem en is goed bygewoon deur 313 geregistreerde kopers.






Verwante Artikels