Van vlak 4 na vlak 3 – dit is wat jy moet weet

  • 27 Julie 2021
  • 664
  •  Senwes
  •  
  •  nuus



Dié afgradering na vlak 3 volg nadat die persentasie nuwe Covid-19-infeksies die voorafgaande week ongeveer 20% laer was, met ʼn gemiddeld van 12 000 nuwe infeksies per dag. Hier is wat jy moet weet oor dié nuwe inperkingsvlak:

  • Die aandklokreël bly van krag tussen 22:00 en 04:00.
  • Interprovinsiale reise mag vir ontspanningsdoeleindes hervat word.
  • Nie-noodsaaklike instellings soos eetplekke, kroeë en gimnasiums mag weer handeldryf gegewe die streng nakoming van Covid-19-veiligheidsregulasies. Hierdie regulasies sluit onder meer in dat dié instansies om 21:00 moet sluit.
  • Byeenkomste word weer toegelaat, maar met ʼn maksimum van 50 mense binnenshuis en 100 mense buite (óf alternatiewelik 50% van die bymekaarkomplek se kapasiteit).
  • Byeenkomste soos godsdienstige dienste, politieke geleenthede en sosiale byeenkomste word weer toegelaat gegewe die streng nakoming van Covid-19-veiligheidsregulasies.
  • Die bywoning van begrafnisse word tot 50 mense beperk terwyl nagwake steeds nie toegelaat word nie.
  • Alkohol mag verkoop word vir verbruik weg van die perseel vanaf Maandae tot Donderdae tussen 10:00 en 18:00,
  • Alkohol mak voorts verkoop word vir verbruik op die perseel volgens lisensiëringsregulasies, maar slegs tot 20:00 saans.

Volgens president Cyril Ramaphosa toon die jongste Covid-19-statistiek dat Suid-Afrika grootliks verby die piek van die derde golf van infeksies is. Hy waarsku egter dat daar steeds gebiede in die land is waar die koers van infeksies nog nie voldoende tekens van vermindering toon nie. Hierdie gebiede sluit in die Wes-Kaap, Oos-Kaap en KwaZulu-Natal, terwyl daar ook ʼn kommerwekkende styging in die gevalle in die Noord-Kaap voorkom.

Hierdie infeksies word deur die Delta-variant aangedryf.

SA inentingsveldtog

Die president meen die plaaslike inentingsveldtog toon goeie vordering en dat meer as 240 000 dosisse entstof elke weeksdag toegedien word.

ʼn Maand gelede het dié totaal op 100 000 gestaan en die mikpunt is 300 000 entsofdosisse per weeksdag.

Meer as 6,3 miljoen enstofdosisse is reeds toegedien met meer as 10% van die bevolking wat reeds ʼn dosis ontvang het.

Persone tussen die ouderdom van 18 en 34 jaar oud mag vanaf 1 September 2021 ingeënt word. Dit is buiten die ouderdomsgroepe (persone ouer as 35 jaar) wat reeds in aanmerking kom vir die inenting. Persone kan nou sonder ʼn afspraak by ʼn inentingsperseel opdaag, mits hy/sy vooraf geregistreer het.

* Senwes moedig al sy belangegroepe, insluitende personeel, aan om vir die entstof te registreer om ʼn einde aan lewensverlies as gevolg van die pandemie te bring en om besigheidsvolhoubaarheid te verseker. 






Verwante Artikels