Van vlak 3 na vlak 2 – dit is wat jy moet weet

  • 13 September 2021
  • 644
  •  Senwes
  •  
  •  nuus



Volgens president Cyril Ramaphosa wil dit voorkom asof die infeksiekoers van die derde vlaag Covid-19-infeksies na byna drie maande besig is om af te plat. Hoewel die aantal aktiewe gevalle daal, maan hy Suid-Afrikaners om waaksaam te wees gegewe die feit dat die derde vlaag nog nie amptelik iets van die verlede is nie.

Die volgehoue hoë aantal infeksies in die Vrystaat en die Noord-Kaap is volgens die president ʼn bron van groot kommer.

Hier is die 10 belangrikste dinge wat jy oor vlak 2 moet weet:

  • Die aandklokreël word verslap en tussen 23:00 en 04:00 moet almal tuis wees, tensy hulle vir mediese of ander noodgevalle die huis moet verlaat. Noodsaaklike werkers met die nodige dokumentasie word van dié aandklokreël gevrywaar.
  • Restaurante, kuierplekke en nie-noodsaaklike ondernemings moet nou om 22:00 hul deure sluit.
  • Drankwinkels mag vanaf Maandae tot Vrydae vanaf 10:00 tot 18:00 oop wees, maar mag steeds nie op Saterdae en Sondae handel dryf nie.
  • Wynplase en mikrobrouerye mag oor naweke proeë aanbied en drank verkoop.
  • Restaurante en kroeë mag tot 22:00 drank bedien.
  • Die perk op byeenkomste word verhoog tot 250 mense binnenshuis en 500 in die opelug. Hierdie regulasie geld vir alle byeenkomste – politiek, godsdienstig, kultureel of sosiaal.
  • Die voorwaarde bly van krag dat 50% van die kapasiteit van ʼn perseel nie oorskry mag word nie.
  • Toeskouers by sportwedstryde is steeds verbode.
  • Die perk op begrafnisse bly slegs 50 mense, en begrafnisse moet steeds korter as twee uur lank wees. Die verbod op nagwake voor of byeenkomste na begrafnisse is steeds van krag.
  • Dit is steeds verpligtend om ʼn masker, wat jou nuus bedek, te dra wanneer jy die huis verlaat.

President Ramaphosa verduidelik dat dit nou ʼn prioriteit is om soveel as moontlik mense in te ent, omdat dit al manier is waarop die ekonomie ten volle heropen kan word.

* Senwes moedig al sy belangegroepe, insluitende personeel, aan om vir die entstof te registreer om ʼn einde aan lewensverlies as gevolg van die pandemie te bring en om besigheidsvolhoubaarheid te verseker.






Verwante Artikels