Stormweer en swaar neerslae vergesel sikloon Eloise

  • 25 Januarie 2021
  • 697
  •  senwes
  •  
  •  nuus



Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) is Eloise, wat as ʼn sterk tropiese sikloon geklassifiseer word, geoormerk om uitermatige swaar reënval oor die suidelike dele van Mosambiek, die oostelike Laeveld, die platorand van Limpopo en Mpumalanga, en die noordelike dele van KwaZulu-Natal tot gevolg te hê.

Die moontlikheid bestaan dat dié weertoestande kan lei tot wydverspreide oorstromings, skade aan paaie, brûe en ander infrastruktuur. Reën word ook vir Gauteng en Noordwes voorspel, maar sal in intensiteit verskil.

Johan van den Berg, ʼn onafhanklike landbouweerkundige, het aan Landbou.com gesê dat die waarskynlikste pad wat die sikloon gaan volg, is wes in die rigting van Namibië, en dan suidoos oor die sentrale en veral die oostelike dele van Suid-Afrika. “Vanaf 24 tot 30 Januarie sal Eloise meer reën oor die sentrale tot oostelike dele van die land meebring, met baie swaar reën oor die noordoostelike dele van die land, wat insluit die noordelike dele van KwaZulu-Natal, die Laeveld van Limpopo en Mpumalanga.”





Verwante Artikels