Senwes verbreed sy geografiese teenwoordigheid met Duitse verkrygings

  • 07 Junie 2022
  • 1981
  •  Senwes
  •  
  •  senwes-equipment



Hierdie drie agentskappe sal in een saamgesmelt word en as S&L Connect bekend staan en sal die beste van Schlieper, LVD en Bartling Hohenseefeld verteenwoordig. S&L Connect staan vir groei en verbind mense en masjiene. Die maatskappy sal bestuur word deur 'n hoogs ervare Duitse span onder leiding van Ricarda Schlieper as Besturende Direkteur en Cathleen Powell as Finansiële Direkteur.

Die besigheid is in wese soortgelyk aan Senwes Equipment, veral in terme van die besigheidsmodel, die manier waarop dit gestruktureer is, die industrie en die produkaanbieding. Die verkryging sal geposisioneer word binne Senwes Equipment, ‘n volfiliaal van Senwes.

Senwes HUB, Francois Strydom, voeg by dat “hierdie verkryging belyn met Senwes se strategiese filosofie, spesifiek die strategiese pilaar van eksternalisering wat verdere geleenthede in alternatiewe laerrisiko jurisdiksies ontsluit”. Senwes skep deur hierdie verkryging voorts 'n platform vir verdere groei en verhoog die maatskappy se blootstelling aan ander groot geldeenhede en bied terselfdertyd verskansing teen die wisselvallige rand.

Vanuit 'n John Deere-perspektief pas hierdie verkryging in by hul 'Dealer of Tomorrow'-strategie wat daarop gemik is om, onder andere, groter en meer volhoubare handelaars wêreldwyd te vestig. Die fokus is om verspreiders te ontwikkel van net bloot die verkoop van masjiene en die verskaffing van 'n diens na belynde organisasies met lewensiklusoplossings om aan die behoeftes van die mark en landbou te voldoen. Die doel is daarom om John Deere se markposisie te versterk en die sinergieë van groter organisasies te benut.

Gegewe Senwes se bewese rekord as 'n konsolideerder van ondernemings in familiebesit en die omskakeling daarvan in suksesvolle korporatiewe entiteite, het John Deere Senwes die geleentheid gebied om aan die verkryging deel te neem.

Senwes en hierdie John Deere-agentskappe (Schlieper, LVD en Bartling Hohenseefeld) deel 'n soortgelyke passie vir geïntegreerde oplossings, het dieselfde mensgesentreerde benadering en span daarom kragte saam om aan die snel-groeiende eise van klante te voldoen.

Navrae:
Francois Strydom
Groep Hoof Uitvoerende Beampte
Tel: +27 18 464 7656
[email protected]
www.senwes.co.za






Verwante Artikels