Senwes steun 67 minute krieket vir Madiba

  • 17 Julie 2019
  • 473
  •  Senwes
  •  
  •  press-release



Nie net gedenk ons oud-president Nelson Mandela se verjaardag wat op 18 Julie plaasvind nie, maar Senwes dra ook by tot nasiebou en sportontwikkeling van kinders op die platteland.

Senwes het hande gevat met die Noordwes Krieket-unie om die krieketkliniek moontlik te maak. Dit beloof om ‘n leersame opleidingsessie vir die kinders te wees. Senwes hoop dat hierdie nie net ‘n dag propvol top-krieket sal wees nie, maar dat elke speler met mooi herinneringe huis toe sal gaan.

Nagenoeg 45-60 spelers seuns en dogters sal aan die geleentheid deelneem. Senwes wil ook minderbevoorregte spelers die geleentheid bied om die genot van sport te ervaar en die nagedagtenis van Madiba te eer.

Tydens die afrigtingkliniek sal spelers afrigting in veldwerk, boul en kolfwerk ontvang. Ons bedank die Noordwes Krieket-unie vir hierdie vennootskap en hul bydrae tot sportontwikkeling van kinders op die platteland. 

Die toernooi en afrigtingsessie begin reeds om 12:00. Ons wens elke speler ‘n dag propvol grenshoue en middelpaaltjies toe. 

Persverklaring deur:
Francois Strydom,
Senwes, Hoof Uitvoerende Beampte.







Verwante Artikels