Senwes Grainlink fokus op verkryging vir die mark

  • 17 Julie 2020
  • 602
  •  
  •  
  •  press-release



Klante kan gerus wees dat enige bestaande kontrakte wat met Tradevantage gesluit is, steeds geldig is en deur Senwes nagekom sal word. Verder sal die Senwes Grainlink span toesien dat graanverkryging normaal voortgaan waar transaksies steeds van akkurate uitvoering, gemaklike administrasie en professionaliteit getuig.

Geregistreerde kopers kry dus op ‘n deursigtige basis toegang tot alle graan wat deur middel van  Basislink aan mark beskikbaar gestel word, by enige geregistreerde silo in die Senwes bedieningsgebied, per kommoditeit op ‘n fisiese en voorseisoenbasis.

Senwes is steeds toegespits op die verskaffing van innoverende oplossings, uniek ontwikkel volgens elke klant se behoefte. “Hierdie strategiese verandering sal persoonlik met elke klant bespreek word en ons sal saam met die klant sy/haar beplanning vir die jaar doen”, aldus Wikus Grobler, Groepbestuurder, Besigheidsontwerp en Tesourie.

Vir meer inligting kontak:
Heinrich Henning, Besigheidsontwerp, Senwes Grainlink by 018 464 7396.
Wikus Grobler by 018 464 7419.
Pieter Malan, Uitvoerende Bestuurder, Senwes Grainlink by 018 464 7395.
Renthia Wolmarans, Finansiële Bestuurder, Senwes Grainlink by 018 464 7182.

EINDE
Navrae: Francois Strydom
Groep Hoof Uitvoerende Beampte
Tel: +27 18 464 7115
francois.strydom@senwes.co.za
www.senwes.co.za







Verwante Artikels