Sentiment in die landboumasjineriebedryf is positief – Salma

  • 10 September 2020
  • 342
  •  Senwes
  •  
  •  senwes-equipment



Volgens Karel toon die nuutste verkoopstatistiek dat trekkerverkope in Augustus vanjaar op 438 eenhede gereken word. Dit is slegs een eenheid meer as die 437 eenhede wat gedurende Augustus verlede jaar verkoop is. Vir die jaar tot op hede toon trekkerverkope ʼn daling van 3% in vergeleke met die ooreenstemmende tydperk in 2019.

Die statistiek, met betrekking tot stroperverkope, dui ʼn 18% verhoging in verkoopsyfers aan vir 2020. Dié groei kom neer op 13 stropers wat gedurende Augustus verkoop is, terwyl geen stropers in die vorige ooreenstemmende tydperk verkoop is nie.

Karel verduidelik dat hoewel daar gehalteprobleme was met sekere van die somergewasse, weens laat reën, was opbrengste oor die algemeen goed. Dit, tesame met die goeie vooruitsigte vir die winteroes, asook bemoedigende beramings vir die komende somergewasseisoen, gee daartoe aanleiding dat algehele sentiment in die landboumasjineriebedryf positief is. Hy is van mening dat dié tendens waarskynlik oor die korttermyn volgehou sal word. Faktore wat toekomstige vlakke van verkope kan beïnvloed sluit in die beskikbaarheid van ouer voorraad teen laer pryse asook die uitwerking van die wisselkoers.

Vir meer inligting oor die nuutste meganisasie-moontlikhede vanuit die Senwes Groep, besoek gerus Senwes Equipment se webblad by www.senwes.co.za/produkte-dienste/toerusting-implemente. Senwes Equipment is ʼn gerekende landboutoerusting- en -dienstevennoot en bied aan produsente dinamiese meganisasie- en instandhoudingsoplossings vanuit 27 takke en 18 meganisasiewerkswinkels regoor Suid-Afrika.





Verwante Artikels