SA se duurste hoender nog op aanlyn veiling verkoop

  • 09 September 2021
  • 480
  •  Senwes
  •  
  •  nuus



Volgens die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Skoupluimvee-organisasie (Saspo), Albert Lingerfelder, is dié haan amptelik die duurste hoender wat nog in die land verkoop is. Lingerfelder het die keuring van die veilinghoenders vir die teler, Nelmarie Neethling van Struisbaai, se vyfde produksieveiling behartig en is van mening dat Neethling se Orpington-teelmateriaal van die beste in die land is.

As dit kom by die gewildheid van skouhoenders meen Lingerfelder dat die Orpington-, Brahma- en Wyandotte voor in die ry staan en maklik met  ʼn prysetiket van tussen R 4 000 en R5 000 per hoender kan spog.

Vanjaar se Saspo kampioenbyeenkoms is weens die Covid-19-beperkings afgelas, maar sal na verwagting weer teen einde Junie of vroeg in Julie 2022 op die Bloemfonteinse skougronde aangebied word. 






Verwante Artikels