Ryp kom die afgelope dekade later voor

  • 19 Oktober 2021
  • 350
  •  Senwes
  •  
  •  nuus



Dié waarneming volg nadat dele van die Suidwes-Vrystaat en die aangrensende dele van die Noord-en Oos-Kaap temperature onder vriespunt aangeteken het vanaf Saterdag, 16 Oktober, tot Maandag, 18 Oktober. Lae minimum temperature van 2° C en laer is ook die afgelope naweek in onder meer Kroonstad (0,5° C), Bothaville (1,8 ° C), Hoopstad (1,7° C), Marquard (1,5° C), Hartswater (1,8° C) en Leeudoringstad (2° C) aangeteken. Hierdie lae temperature het gevolg na ʼn paar dae waartydens die kwik plek-plek tot sowat 35° C gestyg het.

Temperatuurverwante skade

Volgens Van den Berg het die voorkoms van laat ryp ʼn negatiewe impak op veral die pekanneut-oes en koring wat tans in baie gevoelige groeistadiums verkeer.

Hy verduidelik dat met die aanskuif van die laaste rypdatums die dagtemperature hoër is in die laatwinter en vroeë somer, terwyl nagtemperature in sekere gebiede skerp daal. Die verskil tussen dag-en nagtemperature word dus al hoe groter en verhoog die kwesbaarheid van gewasse vir temperatuurverwante skade.

Is dit die einde van dié koue temperature? Nee!

Op die vraag of die somer nou finaal aangebreek het, antwoord Van den Berg dat ʼn volgende koue front Suid-Afrika die komende naweek sal bereik, en weer tot temperatuuronstabiliteit oor die suidelike dele sal aanleiding gee.

Voorspellings dui daarop dat temperature teen 23 tot 25 Oktober weer sal daal oor die suidelike dele van die land tot so ver as die sentrale dele van die Noord-Kaap en suidelike dele van die Vrystaat, asook die noordelike dele van die Oos-Kaap.

Na verwagting kan minimum temperature van onder 10° C voorkom. 






Verwante Artikels