RPO verwelkom taakgroep wat op diere-biosekerheid fokus

  • 31 Augustus 2021
  • 906
  •  Senwes
  •  
  •  nuus



Dit volg na sporadiese uitbrekings van bek-en-klouseer wat ʼn verlammende uitwerking op die rooivleisbedryf, asook potensiële groei en uitvoere het.

RPO – méér moet gedoen word om bek-en-klouseer te bekamp

In reaksie hierop meen die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) dat die vorming van die taakspan ʼn stap in die regte rigting is. Die organisasie het homself voorts verbind tot volle samewerking met dié belangrike aangeleentheid.

Volgens James Faber, voorsitter van die nasionale RPO, word die rooivleisbedryf as die slapende reus van die Suid-Afrikaanse landbousektor beskou. Hy voeg by dat die voortdurende uitbrekings van bek-en-klouseer direk in die pad van die sukses van dié bedryf staan.

Die bedryf is volgens Faber ongeveer 40% getransformeer en kan ʼn groter bydrae lewer om die landbousektor se bruto binnelandse produk (BBP) te laat groei en om inkomste- en voedselsekerheid te bewerkstellig, mits bek-en-klouseer onder beheer is.

Herstel bek-en-klouseervyesone-status

Faber verduidelik dat harde werk voorlê vir die land om sy bek-en-klouseervryesone-status by die internasionale dieregesondheidsorganisasie, die OIE, te herstel. Dit sal ongeveer vyf jaar neem om dit heringestel te kry.

Faber meen dit kan net gedoen word indien ʼn meer indringende strategie gevolg word. Die RPO sal, volgens Faber, gereed wees om met beide nasionale en provinsiale departemente saam te werk om ʼn nuwe strategie te formuleer. 






Verwante Artikels