Rekordprys vir Simmertaler-koei behaal

  • 07 Junie 2021
  • 699
  •  Senwes
  •  
  •  nuus



Dié koei (drie-in-een) wat afkomstig is van die Von-Adel Simmentaler-stoetery was die enigste aanbieding van vroulike diere op die veiling, terwyl daar altesaam tien Simmentaler-bulle opgeveil is.  Die gemiddelde prys per bul was R70 000.

Nog ʼn aanbieding van die Von-Adel-stoetery, ʼn Von-Adel Nonex-bul, is vir R120 000 opgeveil.

Volgens Nico Venter jnr. van die Von-Adel stoetery is die Simmertaler-koei ʼn uitsonderlike skou- en teeldier wat reeds die afgelope vier jaar as die Nasionale Superkoei van die Jaar aangewys is.  Al haar bulkalwers is deur stoeterye gekoop, terwyl al haar vroulike diere steeds deel van die Von-Adel-stoetkudde is.

Venter glo dat die Simmertaler-beesras dubbeldoelig is in terme van gehaltevleis- en goeie melkproduksie.  Vanuit ʼn kommersiële oogpunt lewer vrugbare Simmentaler-koeie voorts ook swaar kalwers, wat volgens Venter baie voordelig is.

Die stoetery se mees onlangse speenkalfgewiggemiddeld van bulle was  tussen 312 en 301kg op verse. Hy sê die gemiddelde speenkalwergewig wissel egter en in vorige jare was verse se gewig sowat 280kg, en bulle se gewig het tussen 302 en 305kg gewissel.  Dít hang natuurlik af van verskeie faktore soos beskikbare weiding en voerlekke wat toegedien word, sê Botha.

Teeldoelwit

Dit gaan vir Botha oor gehalte diere en nie kwantiteit nie. Hy poog om deurlopend die beste genetika in sy stoetkudde in te bring. Dit behels bloedlyne wat onverwant is aan sy bestaande stoetkudde, sodat dit “iets nuuts is wat glad nie verwant aan my koeie en genetika is nie.”  Hy sê dit is ʼn tipe basterkrag wat vir hom uitskieter-kalwers en vrugbare koeie, wat skoue wen, verskaf.

Die bulle in sy stoetkudde groei uit en op twee en ’n half jaar word die bulle na die kommersiële kudde oorgeskuif.  Dié bulle dek dan kommersiële koeie en op driejarige ouderdom, selekteer Botha dan skoubulle uit dié kudde. Oorblywende bulle word gevoer en opgeveil.

Vroulike stoetdiere bly op die plaas. Die verse wat tydens seleksie uitval gaan na die kommersiële kudde toe, wat sodoende opgebou word.

* Die oorspronklike artikel het in AgriOrbit verskyn.






Verwante Artikels