Rekordprys vir Beefmasterbul behaal

  • 23 Julie 2021
  • 777
  •  Senwes
  •  
  •  nuus



Dié bul (BOS 166 103) is afkomstig van die Bos Blanco Beefmaster-stoetery in Kroonstad en is aan Chris van Heerden van Gamtouw Boerdery naby Bronkhorstspruit verkoop.

Voor dié veiling wat aan die begin van Julie by Afridome in Parys aangebied is, was die hoogste prys wat nog vir ʼn Beefmaster-bul aangebied is, R600 000.

Volgens Van Heerden het hy sy navorsing baie deeglik gedoen alvorens hy die bul aangeskaf het. “Die genetika van die bul kan oor vyf generasies nagespoor word, en van dié genetika is reeds in ons bestaande kudde te vinde,” sê Van Heerden.

Van Heerden het op dieselfde veiling nog ʼn rekordprys van R350 000 betaal vir ʼn 3-in1-koei (BOS 166 364), ook vanuit die Bos Blanco-stal.

* Die veiling is deur Vleissentraal aangebied en Ian Grobbelaar was die afslaer. 






Verwante Artikels