Permitstelsel vir hennepbedryf nou operasioneel

  • 07 November 2021
  • 720
  •  Senwes
  •  
  •  nuus



Dié aankondiging is vroeër deur minister Thoko Didiza gemaak.

Dit volg nadat die mandaat vir die permitstelsel vanaf die departement van gesondheid en die Suid-Afrikaanse reguleringsowerheid vir gesondheidsprodukte (SAHPRA), na die departement oorgedra is. Die oordrag beteken dat die departement nou verantwoordelik sal wees om permitte aan produsente toe te staan. Gevolglik sal die permitte van bestaande permithouers vir hennep ook na die departement oorgedra word.

Volgens minister Didiza maak die verklaring van hennep as ʼn landbougewas nou voorsienning daarvoor dat dit ingevoer, uitgevoer, gekweek, verkoop en navorsing daaroor gedoen kan word. Sy het voorts gesê dat wysigings aan die Wet op Planttelersregte (Wet 15 van 1976) aangebring is sodat beskerming gebied word aan intellektuele eiendom.

Die aansoekvorms en vereistes kan by www.dalrrd.gov.za afgelaai word (via die skakel vir plantproduksie), terwyl enige tegniese navrae aan Thabo Ramashala by Thabo [email protected] of 067 410 4246 gerig kan word.

* Hennep word ingevolge die Wet op Plantverbetering (Wet 53 van 1976) as ʼn landbougewas verklaar. 






Verwante Artikels