Ikoniese rooibos nou deur EU beskerm en bevorder

  • 18 Junie 2021
  • 367
  •  Senwes
  •  
  •  news



Dié register verwys na die spesifieke geografiese gebied wat die plek waar ʼn produk geproduseer, verwerk of voorberei word, aandui. Die insluiting van rooibos op die elite register beteken dat rooibosprodukte uit die Noord-en Wes-Kaap wat in Europa verkoop word, voortaan die handelsmerk van die EU sal dra.

Wêreldwyd is daar slegs 262 geografiese gebiede buite Europa wat in die register vervat word.

Groter bemarkingsgeleenthede

Omdat dié handelsmerk oraloor in Europa erken word, sal plaaslike produsente kan baat by groter oorsese bemarkingsgeleenthede.

Volgens dr Ivan Meyer, Wes-Kaapse minister van landbou, spieël die nuutgevonde erkenningstatus die uniekheid en die eksklusiwiteit van plaaslik vervaardigde rooibosprodukte. Hy is voorts opgewonde oor die toename in aanvraag waarby die produseerders van rooibos direk sal baat.

Die bedryf, wat tans werk en ʼn inkomste aan sowat 8 000 mense voorsien, sal volgens Meyer ook aansienklik kan uitbrei.

Op sy beurt meen dr Mogale Sebopetsa, hoof van die Wes-Kaapse departement van landbou, dat die insluiting van rooibos op die register die “trotste erfenis” van rooibos vir komende nageslagte sal help bewaar.

So word rooibos omskryf

Die woord “rooibos” of “red bush” sal voortaan in Europa gebruik word vir rooibosprodukte wat in die Noord-en Wes-kaap gekweek en geoes is.

Hierdie beskrywing gee die versekering aan verbruikers dat die produk suiwer (100%) gedroogde rooibosblare van die Aspalathus linearis-plant bevat.

Interessante feite oor rooibos

  • Nasionale Rooibosdag is vanjaar op 16 Januarie gevier.
  • Rooibos is natuurlik kafeïenvry.
  • Rooibos gedy in uiterste weersomstandighede: warm somers (tot 40°C) en koue winters (tot
    -1°C).
  • Rooibos beskik oor verskeie medisinale voordele.
  • Suid-Afrika voer rooibosprodukte na meer as 30 lande uit.
  • Die grootste invoerders van rooibos is Duitsland, Nederland, Japan en die VSA.





Verwante Artikels