Goeie somerseisoen op die kaarte vir SA

  • 05 November 2021
  • 1585
  •  Senwes
  •  
  •  nuus



Die resultate van dié opname is onlangs deur die nasionale oesskattingskomitee (NOK) bekend gemaak, en toon dat kommersiële produsente van voorneme is om 2,7 miljoen hektaar mielies vir 2022 aan te plant. Hierdie voorneme verteenwoordig ʼn 1% afname (of 30 000 hektaar minder) as die 2,8 miljoen hektaar van verlede seisoen.

So sien verskillende gewasse daarna uit

Die syfers toon dat produsente van voorneme is om 1,6 miljoen hektaar witmielies aan te plan, 2,8% minder as wat in die vorige seisoen aangeplant is. In die geval van geelmielies beloop die verwagte aanplantings 1 miljoen hektaar, wat 1,7% meer is as in die vorige seisoen.

In terme van sojaboonaanplantings is die voorneme om 925 000 hektaar aan te plant, wat 11,8% of 97 700 hektaar meer is as die vorige seisoen. Om die waarheid te sê, dit is die hoogste ooit.

Die verwagte aanplanting van sonneblomsaad word op 556 000 hektaar geskat, wat 16,3% of 78 000 hektaar meer is as die vorige seisoen.

Vir grondbone het die verwagte aanplantings effens afgeneem met 4% of 1 550 hektaar en die voorgenome aanplantings van sorghum sal na verwagting afneem met 8,5% tot 45 000 hektaar. Droëbone se aanplantings word beraam op 54 000 hektaar, wat 14% meer is.

Kommersiële mielie-oes

Aldus die NOK se negende skatting vir die huidige oes word die grootte van die verwagte kommersiële-mielie-oes onveranderd gelaat op 16,2 miljoen ton.

Die skatting van die oppervlakte onder mielies is 2,8 miljoen hektaar, terwyl die verwagte opbrengs 5,88 ton per hektaar. Die geskatte mielie-oes is 6% groter as die 2020-oes.

Die skatting vir wit-en geelmielies is onveranderd gelaat op 8,6 miljoen ton en 7,6 miljoen ton onderskeidelik. Die opbrengs vir witmielies is 5, 09 ton per hektaar en vir geelmielies 7,15 ton hektaar. Die drie belangrikste mielieproduserende gebiede is die Vrystaat, Mpumalanga en Noordwes en nulle gaan 84% van die 2021-oes lewer. 






Verwante Artikels