Gemengde gevoelens oor komende lietsjie-seisoen

  • 29 Oktober 2020
  • 447
  •  senwes
  •  
  •  nuus



Die Lietsjie-kwekersvereniging het onlangs hul oesskatting vir die komende seisoen gefinaliseer en alle aanduidings is dat vanjaar se oes ongeveer 30% groter sal wees as in 2019. Die oes word op ongeveer 5 700 ton gestel.

Opgewondenheid oor dié goeie oesskatting word egter gedemp deur onsekerheid oor die plaaslike en Europese markvooruitsigte, gegewe die feit dat lietsjies as ʼn luukse kositem beskou word. Die logistieke uitdagings wat steeds ondervind word in skeepvaart en lugversending dra by tot dié onsekerheid.

Volgens die kwekersvereniging het Suid-Afrikaanse produseerders slegs ʼn klein vensterperiode om die markte te beïnvloed alvorens Madagaskar, wat ʼn groot verbouer van lietsjies is, ook sy oes in die mark stoot.






Verwante Artikels