Bek-en-klouseer | Meer as 100 aktiewe gevalle bevestig

  • 02 Augustus 2022
  • 252
  •  Senwes
  •  
  •  nuus



Geen nuwe gevalle van die siekte is in Limpopo bevestig nie. In ʼn poging om die verspreiding van die siekte hier hok te slaan, word beeste in Thulamela, asook die voorheen bek-en-klouseervrye sone en -beskermde sone ingeënt. Tot dusver is ongeveer 38 200 beeste hier ingeënt.

ʼn Tweede ronde inentings word in Noordwes onderneem. Sedert daar in Junie vanjaar met die inentingsproses begin is, is sowat 31 500 beeste teen die siekte ingeënt.

Nuwe gevalle

Volgens die verslag is die sewe nuwe gevalle in KwaZulu-Natal in kommunale weigrond in die siektebeheergebied – een in die distriksmunisipaliteit Jozini, vyf in die distrikmunisipaliteit Ulundi en een in die munisipaliteit Nongoma. Die inentingsprogram in die gedeeltes van die siektebeheergebied waar die virus voorkom, duur onverpoosd voort. Tot dusver is sowat 233 000 beeste ingeënt.

In die Vrystaat is die siekte by vier nuwe plekke bevestig. Al die gevalle is in die Moqhaka-munisipaliteit aangemeld en die betrokke plase is almal onder kwarantyn geplaas terwyl daar met ʼn inentingsprogram begin is.






Verwante Artikels