Agri Noordwes vergader met provinsiale rampbestuurowerheid

  • 18 Januarie 2022
  • 424
  •  Senwes
  •  
  •  nuus



Volgens die opname het plase in die Mareetsane-distrik voor die naweek se swaar neerslae (van 110 mm reën) reeds skade aan ongeveer 1 600 hektaar se somergrane aangemeld. Sowat 600 hektaar van dié lande kon oorgeplant word, maar die naweek se reën het weer van die landerye beskadig.

Mnr. Naudé Pienaar, assistent-hoofbestuurder van Agri Noordwes, sê die organisasie vergader eersdaags met die provinsiale rampbestuursowerheid om die moontlikheid vir ʼn aansoek om ramphulp te bespreek. Volgens Pienaar is dit nou die hoëpotensiaallande wat begin verspoel en gevolglik is daar somergrane wat nie kan of gaan herstel na die water-en versuipskade nie.

Die neerslae wat die afgelope ses weke oor dele van die provinsie aangeteken is, is in baie gevalle tot dubbel soveel as die normale gewone reënval vir die periode. 






Verwante Artikels