Afrika-perdesiekte | OBP verseker entstofbeskikbaarheid teen Desember

  • 29 November 2021
  • 424
  •  Senwes
  •  
  •  nuus



Die departement het in ʼn verklaring gesê dat hy deeglik bewus is van dié tekorte asook die implikasie wat dit vir inentingsprotokolle inhou.

Die OBP het aan die departement gesê dat gebeurlikheidsplanne toegepas en fyn gemonitor word om te verseker dat sy produksie by die vraag byhou en dat alles in die stryd gewerp word om te verseker dat die entstof teen Afrika-perdesiekte teen vroeg Desember gereed sal wees.

OBP se entstof teen Afrika-perdesiekte is tans die enigste geregistreerde entstof teen dié siekte in Suid-Afrika. In die lig hiervan herinner die departement mense dat die gebruik van ongeregistreerde produkte ontwettig is en ten sterkste afgekeur word. 






Verwante Artikels