Stap-vir-stap gids om ‘n Gmail e-posadres te skep

  • 04 Julie 2012
  • 31858
  •  Senwes
  •  web@senwes.co.za
  •  



Om in MySenwes se nuwe voordele te deel, sal elke gebruiker ‘n e-posadres benodig om vir die diens te registreer. Die onderstaande gids is saamgestel om gebruikers, wat nie tans ‘n e-posadres het nie, te help om ‘n Gmail-adres te skep. Gmail is Google se e-posdiens en werk baie lekker en maklik. Volg die volgende stappe:

  1. Klik op hierdie skakel: https://accounts.google.com/SignUp?service=mail.
  2. Voltooi jou basiese inligting en kies ‘n e-posadres:
    • Voltooi jou naam en van.
    • Kies ‘n gebruikersnaam/e-posadres.
    • Skep ‘n wagwoord en bevestig dit.
    • Dui aan wanneer jy gebore is.
    • Dui aan watter geslag jy is.
    • Selfoonnommer: hierdie item kan oopgelaat word. Google gebruik hierdie nommer om bv. vir jou, jou wagwoord te stuur sou jy dit vergeet.
    • Huidige e-posadres: hierdie item kan ook oop gelaat word. Google gebruik dit vir dieselfde tipe doeleinde as jou selfoonnommer.
    • “Bewys dat jy nie ‘n robot is nie”: Hierdie item staan bekend as die Capcha, wat vereis dat jy twee woorde moet lees en dan oortik. Hierdie item bewys bloot dat jy ‘n mens is wat die rekening registreer en nie ‘n sagtewareprogram nie.
    • Indien jy nie die woorde kan uitmaak/lees nie, kan jy op die sirkelvormige pyltjie direk regs van die teksblokkie klik om nuwe woorde te vertoon.
    • Kies die land waar jy woon.
    • Lees en aanvaar die termes en voorwaardes.
    • Klik dan op “Next step”.
  3. Bevestig jou rekening
    • Kies of jy ‘n bevestigingskode via SMS of geoutomatiseerde telefoonoproep wil ontvang.
    • Sleutel jou telefoonnommer in.
    • Klik op “Send verification code”.
    • Sleutel die kode wat jy ontvang het in en klik op “Verify”.
  4. Nou sal jy die opsie hê om ‘n profielfoto op te laai. Hierdie word gebruik vir Google+, wat ‘n diens soortgelyk aan Facebook is. Jy hoef egter nie een op te laai as jy nie wil nie: klik op “Next step” om voort te gaan sonder om ‘n foto op te laai.
  5. Klik op “Go to Gmail” om jou nuwe e-posdiens te besoek.
In die toekoms kan jy direk na www.gmail.com toe gaan en jou e-posadres en nuwe wagwoord gebruik om toegang tot jou e-pos te kry.





Verwante Artikels

Verander Taal

English