Volg al die paneelbesprekings regstreeks tydens Nampo Kaap 2019 wat vanjaar vanaf 4 - 6 September plaasvind. Senwes is 'n trotse borg van Nasie in Gesprek.
Doen aansoek vir finansiering op landboutoerusting via die internet en/of teken jou kontrak aanlyn.
John Deere Financial en JCB Finance bied potensiële kopers nou die geleentheid om aanlyn aansoek vir finansiering te doen. Kliek op die betrokke skakel, vul jou basiese maatskappyinligting, produkinligting en kontakbesonderhede in en 'n verteenwoordiger van die onderskeie handelsmerk sal jou kontak. JOHN DEERE FINANCIAL AANSOEKE JCB FINANCE AANSOEKEVerder bied beide die handelsmerke kopers ook nou die opsie om kontrakte aanlyn te teken. Kliek op die betrokke skakel vir meer inligting. JOHN DEERE FINANCIAL KONTRAKTEJCB FINANCE KONTRAKTE
Die tema van die 2019 verslag demonstreer Senwes se benadering tot landbou. Selfs al bly baie aspekte dieselfde van jaar tot jaar, is vars en innoverende denke nodig om dit wat ons aanbied, wat ons doen en ons diensbaarheid, te verander, aan te pas en te verbeter. Ons moet die wyse waarop ons oplossings benader en waarde vir ons belanghebbendes skep, herdefinieer. Uitdagings moet in geleenthede met langtermynvoordele omskep word en daar moet weggedoen word met tradisionele denke en prosesse - 'n nuwe perspektief op landbou moet verkry word.
Download the list of games being played at Senwes Park in Potchefstroom.
"[The] conference resolved that the ANC should, as a matter of policy, pursue expropriation of land without compensation. This should be pursued without destabilising the agricultural sector, without endangering food security in our country and without undermining economic growth and job creation," the ANC's conference declaration reads.
Ons versoek dat u asseblief stem vir die besluite soos voorgehou aan die vergadering. Vir die doel kan u die volmagvorm gebruik om te stem. In die alternatief kan u elektronies stem deur op OneAgri te registreer.
Die geouditeerde volledige finansiële state vir die finansiële jaar geëindig 30 April 2019 is slegs in Engels beskikbaar.
Die ongeouditeerde verkorte finansiële opsomming vir die finansiële jaar geëindig 30 April 2019 is slegs in Engels beskikbaar.
Die Volhoubaarheidsverslag vir die finansiële jaar geëindig 30 April 2019 is 'n aparte digitale verslag en is slegs in Engels beskikbaar.
Die Senwes groep het, ondanks dalende hektare onder produksie van kontantgewasse, onbeplande beurtkrag, kwynende plattelandse infrastruktuur, politieke beleidsonsekerheid, ‘n onbestendige spoornetwerk, toenemende arbeidsonrus, werkloosheid, buitengewone insetinflasie, inmenging in die plaaslike mark deur internasionale graanhandelaars, oneffektiewe duplisering in die verskaffersketting, verswakkende wisselkoers, wisselvallige klimaat en verhoogde koste van nakoming steeds ‘n wins na belasting van R283m afgelewer.
'n Oorsig van die Senwes Groep se finansiële resultate vir die jaar geëindig 30 April 2019. Lees meer oor die prestasie van die maatskappy se drie hoof fokusareas naamlik: Finansiële Dienste, Insetverskaffing en Marktoegang.
Luister na die onderhoud met Francois Strydom, Groep Uitvoerende Hoof, wat sy mening lig oor die Senwe Groep se finansiële resultate.
Vind asseblief hierby aangeheg die kennisewing van die algemene jaarvergadering (AJV) van Senwes Beperk, wat gehou word op Donderdag, 22 Augustus 2019 om 09:00 in The Barn, Senwes, Charel de Klerkstraat 1, Klerksdorp.
Die Senwesbel direksie bied met trots aan die verkorte jaarverslag vir die Senwesbel groep vir die jaar geëindig 30 April 2019. Die verslag moet saamgelees word met die volledige finansiële jaarstate (slegs beskikbaar in Engels) op die Senwes webtuiste. ‘n Onafhanklike oudit van die groep se finansiële jaarstate is deur Ernst & Young Ing. uitgevoer.
KENNIS WORD HIERMEE GEGEE dat, op 27 Junie 2019, die Maatskappy 'n finale dividend, dividendnommer. 37, van 21 sent per aandeel vir die finansiële periode geëindig 30 April 2019, verklaar het, onderhewig aan bekragtiging deur aandeelhouers by die algemene jaarvergadering wat op 22 August 2019 sal plaasvind.
KENNIS GESKIED HIERMEE dat die 2019 Algemene Jaarvergadering van aandeelhouers van die maatskappy gehou sal word by The Barn Konferensiesentrum, Senwes Hoofkantoor, Charel de Klerkstraat 1, Klerksdorp, op Donderdag, 22 Augustus 2019 om 11:00.
Baie navrae is ontvang oor hoe die kommandowurm lyk. Daar is reeds in sekere distrikte van die wurms gewaar. Die wurms kan groot skade aan gewasse en weivelde aanrig.
Hierdie is 'n maklike en verstaanbare oorsig van wat ons korporatiewe webblad bied. Skakel gerus enige van ons afdelings of gesamentlike ondernemings vir persoonlike bystand. Gebruik alternatiewelik die soek opsie vinnig inligting te bekom.
Toepassings
MySenwes, OneAgri en die Senwes Grainlink-, Scenario- en Nasie in Gesprek-toepassings
Nuus & Media
Lees die nuutste artikels en persverklarings en meer oor die publikasies wat Senwes uitgee.
Produkte & Dienste
Die Senwes Groep bied 'n wye reeks produkte en dienste vir produsent en klant.
Beleggers
Inligting aangaande aandele en korporatiewe verslae van Senwes en Senwesbel.
Loopbane
Meer oor hoe dit by Senwes is, die program vir gegradueerdes en vakante poste.
Oor Senwes
Meer oor Senwes, die bestuur, korporatiewe beheer en volhoubaarheid.