Wat is eScenario?

Dit is ‘n elektroniese nuusbrief wat inligting weergee oor aktuele bedryfsake in Senwes en die landbou-omgewing.

In die Mei 2013-uitgawe

Senwes: Jou tuiskomplek by NAMPO 2013

Senwes nooi produsente om hulself tydens NAMPO 2013 by Senwes se stalletjie tuis te maak. Spesiale aanbiedings word weer eens vanjaar op 'n wye reeks produkte aangebied, terwyl daar ook meer oor elektroniese nutsmodelle, wat by Senwes se tegnologietent ten toon gestel word, geleer kan word.

Article 2

R1 miljoen-finaliste sopas aangekondig

Altesaam vyf gelukkige produsente is op 9 Mei vanjaar meegedeel dat hulle finaliste in Senwes se jaarlikse R1 miljoen-kompetisie is.

Lees Meer
Article 2

Afgri en Senwes transaksie kry groenlig

Die Mededingingstribunaal het in April die samesmelting van die agri-kleinhandelsbesighede van dié twee landboudienstemaatskappye en Partrite, die Afgri-groothandelsfiliaal, goedgekeur, onderhewig aan sekere voorwaardes.

Lees Meer
Article 3

Noordwes en Vrystaat wys hul jongboere aan

Die jongboerverenigings van Agri Noordwes en Vrystaat Landbou het albei 2013 se topjongboere in April aangekondig. Senwes het weer eens vanjaar as hoofborg van albei konferensies opgetree.

Lees Meer
Article 4

Só verhandel Senwes-aandele

Senwes-aandele het vanaf 1 tot 30 April verhandel op vlakke tussen R10,10 en R10,40, met 'n gemiddelde prys van R10,23 per aandeel wat gerealiseer het.

Lees Meer
Article 5

HHCU-perde baat by Village-projek

Die Highveld Horse Care Unit (HHCU) op Meyerton is die grootste perdewelsynsorganisasie in die Suidelike Halfrond. Verwaarloosde of mishandelde perde word ingeneem en gerehabiliteer, waarna daar dan na nuwe tuistes vir die diere gesoek word.

Lees Meer
Article 5

Manana as Spinners-kampioen gekroon

Die Senwes Spinners-ontwikkelingskriekettoernooi is op 4 Mei vanjaar beslis, met Laerskool Manana (Lichtenburg) wat as wenner uit die stryd getree het.

Lees Meer
Article 5

Tyd beperk vir fotokompetisie

Senwes Scenario se kraakvars fotokompetisie vir die April-uitgawe sluit op 13 Mei. Moet dus nie langer wag nie; stuur vandag nog jou foto's in.

Lees Meer

eScenario is 'n elektroniese nuusbrief wat tweemaandeliks per e-pos versprei word en is ook beskikbaar op die Senwes webtuiste.


Redaksie

JanDirk Engelbrecht (018) 464-7604 / JanDirk.Engelbrecht@senwes.co.za

Johan Smit (018) 468-2716 / 082 553 7806 / johan@infoworks.biz

Ansoné Venter (018) 468-2716 / 072 602 7743 /ansone@infoworks.biz



Facebook   Twitter   YouTube  



 




SENWES BEPERK Registrasienommer: 1997 / 005336 / 06
1 Charel de Klerk Straat, Klerksdorp --- Posbus 31, Klerksdorp, 2570
Tel: +27 18 464-7800 | Faks: +27 18 462-4873 | Tolvry: 080 941 4011 | info@senwes.co.za

Kredietverskaffer - Ref number: NCRCP 2402

Enige vrae of kommentaar aangaande die webtuiste kan gerig word aan webmaster@senwes.co.za