Winkelgroep beperk winsgrens op duur knoffel en gemmer

  • 08 April 2021
  • 207
  •  Senwes
  •  
  •  nuus



Dit volg nadat verskeie verbruikers hul tot sosiale media gewend het om die buitensporige prysverhogings van dié twee produkte te bekla en die Mededingingskommissie tot die stryd toegetree het.

Die gewildheid van knoffel en gemmer as immuunversterkers het tydens die Covid-19-pandemie na vore gekom en knoffel-en gemmerpryse het sodanig gestyg dat die kommissie onderneem het om die prysstygings te ondersoek. Verskeie winkelgroepe soos Pick n Pay, Shoprite, Spar en Food Lover’s Market het deel uitgemaak van dié ondersoek.

Omdat knoffel en gemmer ingevolge die regulasies oor verbruikersbeskerming as basiese kos items gelys word, het die kommissie bevind dat alhoewel die prys van hierdie produkte op groothandelvlak skerp gestyg het, dit nie die verhoging van winsgrense – soos in sommige gevalle deur die ondersoek bevind is, regverdig nie.






Verwante Artikels