Verbruikers dok meer op vir aartappels, tamaties en kool

  • 07 Oktober 2021
  • 498
  •  Senwes
  •  
  •  nuus



Die verslag in ʼn neutedop

Hoogtepunte uit die verslag sluit onder meer in dat die prys van kool weekliks met 13% gestyg het as gevolg van ʼn daling in die beskikbare volumes. In dieselfde tydperk blyk daar ʼn daling in die prys van wortels te wees namate die volume daarvan toeneem.

As gevolg van groot volumes uie, ervaar dié mark tans prysdruk en ʼn 10 kg sak uie verkoop vir tussen R20 en R30.

Die gemiddelde prys vir ʼn 10 kg sak mediumgrootte aartappels was tot onlangs R90, terwyl die prys vir ʼn 10 kg sak groot aartappels tussen R95 en R100 gewissel het. Die hoë prys van aartappels is die gevolg van buitengewone lae oesgetalle, met ongeveer 1 miljoen 10 kg sakke wat minder gelewer is as die vorige twee maande. Vanjaar se laer aartappelvolumes word toegeskryf aan die slegte weer en gepaardgaande ryptoestande wat vroeër in die jaar ervaar is.

Die kwaliteit van tamaties is baie goed op die oomblik en ʼn toename in die vraag na tamaties word in die komende weke verwag. Hierdie toename in aanvraag sal ʼn geringe prysdaling tot gevolg hê. Die prys vir ʼn 9 kg sak eersteklas tamaties wissel tussen R130 en R140. As gevolg van die rypskade wat aan die einde van Julie en vroeg in Augustus voorgekom het, is daar ʼn aansienlike afname in die beskikbare volumes.

Wortelmark

Die markvolume het met 14,7% gestyg in vergeleke met ʼn toename van 3,3% gedurende die vorige week.

Die prys het met slegs 0,5% verlaag, vergeleke met 'n daling van 2,4% gedurende die vorige week. Op ʼn jaargrondslag het die prys met 28,6% gedaal.

Uiemark

Uievolumes het hierdie week met 26,4% gestyg, vergeleke met 'n lae 3,1% styging gedurende die vorige week. In vergelyking met die vorige week se lae wins van 3,5% maand-op-maand, het die volumes met 5,1% gegroei.

Die prys het met 6,8% gedaal, vergeleke met 'n daling van 4,5% die vorige week. Op ʼn jaargrondslag het die prys met 30,8% gedaal.

Aartappelmark

Die volume het hierdie week met 17,1% gestyg in vergeleke met 'n vermindering van 7,7% gedurende die vorige week.

In vergelyking met die vorige week se wins van 4,3% het die prys hierdie week met 10,7% gestyg terwyl die prys met 40,5% gegroei het.

Tamatiemark

Die volume beskikbare tamaties het met 12,7% gedaal in vergeleke met die vorige week, terwyl daar op ʼn maand-tot-maand grondslag ʼn daling in volume van 24,1% aangeteken is.

In vergelyking met die vorige week se wins van 28,2%, het die prys met 46,7% gestyg, na die vorige week se hoogtepunt van 71,1%. 






Verwante Artikels