Daling in brandstofprys vir Oktober – AA

  • 18 September 2020
  • 356
  •  Senwes
  •  
  •  nuus



Luidens ʼn verklaring van die AA, het die rand die afgelope paar weke goed teen die Amerikaanse dollar verhandel en het die daaglikse wisselkoers op 31 Augustus tot R16,70 verbeter. In dieselfde tydperk het die internasionale olieprys gedaal. Hierdie gunstige lopie dra by tot ʼn belowende vooruitsig vir brandstofverbruikers, met data wat daarop dui dat die prys van petrol met tussen 26 en 36 sent per liter kan daal. Die prys van diesel sal na alle waarskynlikheid met ongeveer 88 sent daal. 

Verbruikers word egter gewaarsku dat die olieprys moontlik gaan wipplank ry terwyl die vraag na brandstof toeneem nadat talle lande vroeër vanjaar afsonderingsmaatreëls in reaksie op die koronaviruspandemie ingestel het. Die begin van winter in die Noordelike Halfrond verhoog gevolglik ook die vraag na brandstof en plaas so druk op raffinaderye.

Volgens die verklaring is die seismiese skok wat Covid-19 in die wêreldekonomie veroorsaak het, tesame met hoë voorraadvlakke, moontlike aanduidings dat die verhoogde winternavraag na verhittingsbrandstof nie tot beduidende dieselprysverhogings sal lei nie.

ʼn Tydperk van verdere bestendigheid van die rand, asook in die prys van olie, kan broodnodige verligting vir Suid-Afrikaanse verbruikers beteken.





Verwante Artikels