Ander inligting: • Hoe om aansoek om ‘n betrekking by Senwes te doen
• Meer inligting oor Senwes
Hoe om aansoek om ‘n betrekking by Senwes te doen
Laai die Elektroniese Aansoekvorm af, voltooi die relevante velde volledig op die dokument en kliek op die submit-knoppie om die voltooide dokument per e-pos aan Senwes te stuur. Wanneer die submit-knoppie gekliek word, sal ‘n reeds-geadresseerde e-posboodskap, wat u voltooide aansoekvorm bevat, gegenereer word. Dekbriewe en elektroniese CV’s kan by hierdie e-posboodskap aangeheg word. Hierdie vorm kan ook uitgedruk word en saam met relevante dokumentasie gestuur word na:
Die Assistent Hoofbestuurder: Menslike Hulpbronne
Senwes Beperk
Posbus 31
Klerksdorp
2570
Senwes ondersteun die beginsel van transformasie deur die aanstelling van persone vanuit die aangewese groepe en potensiële kandidate word aangemoedig om aansoek te doen.
Telefoniese navrae: Theo Fourie: (018) 464-7405
Faks: (018) 462-1820
E-pos:
Theo.Fourie@senwes.co.za
Elektroniese Aansoekvorm
Meer inligting oor Senwes
Senwes, ‘n landbouorganisasie, is al bykans ‘n eeu aan die voorpunt van Suid-Afrikaanse landboubesigheid. Die maatskappy het belange in die Vrystaat, Noordwes Provinsie en Gauteng.
Met ‘n omset van ongeveer R11 miljard in 2009, is dit duidelik dat Senwes die verkose diensverskaffer aan die landbougemeenskap is.
By Senwes glo ons. . .
Dat Senwes se werknemers juis die maatskappy se voordeel in die mark is. Omdat ons werknemers waarde tot Senwes toevoeg, is dit ons doel om ‘n omgewing te skep waar:
• Respek vir alle individue ongeag hul geslag, ras of geloof geld.
• Deelnemende, innoverende leierskap en persoonlike ontwikkeling by elke individu gestimuleer word.
• 'n Passie en strewe vir uitstaande klantediens en produkte by elke werknemer gekweek word.
Voorkeur sal aan die aangewese groepe gegee word. Persone wat vir die poste aansoek doen moet Engels magtig wees en Afrikaans as spreektaal kan bemeester.
•
Senwes korporatiewe profiel en ander korporatiewe inligting oor Senwes
As u enige vrae of kommentaar oor hierdie bladsy het, stuur ‘n e-pos aan
Theo.Fourie@senwes.co.za