SA kry dalk binnekort eie digitale geldeenheid

  • 03 August 2021
  • 307
  •  Senwes
  •  
  •  nuus



Besonderse jaar vir Reserwebank

Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank, het dié aankondiging gemaak tydens die 101ste jaarvergadering van die bank, wat op 28 Junie vanjaar sy 100ste bestaansjaar gevier het. Die jaar 2021 verteenwoordig ʼn baie besonderse jaar vir die bank omdat dit ook die jaar is waarin die rand se 60ste verjaardag gevier word, die bank 25 jaar reeds as ʼn onafhanklike sentrale bank funksioneer en, die inflasieteiken aktief vir 21 jaar nagestreef word.

Herbou die SA ekonomie

Kganyago het tydens die vergadering onder meer na die impak van die Covid-19-pandemie en die gepaardgaande inperkings verwys, terwyl die onlangse onluste in KwaZulu-Natal en Gauteng ook op die agenda was.

Volgens Kganyago is dit nou die tyd om die ekonomie te herstel ten einde billiker, meer dinamies, en inklusief vir alle Suid-Afrikaners te maak. Die Reserwebank het ‘n belangrike mandaat as dit kom by dié herstelproses om steun aan die ekonomie te gee en buffers te bou om ons in staat te stel om enige nuwe storms wat dalk kom, te navigeer.

“Hierdie herstel sal egter net realiseer as alle instellings van die regering hulle deel doen,” sê Kganyago en voeg by dat werkskepping ‘n kardinale rol moet speel, terwyl ondernemings weer moet begin handeldryf, nuwe besighede gevestig moet word en moeilike beleggingsbesluite geneem moet word.

“Ons nasionale beleidsraamwerke moet dié basiese ekonomiese besluite vergemaklik en moontlik maak, konsekwent en volhoubaar, deur kostedoeltreffende en betroubare netwerkdienste, opvoeding, en baie ander openbare dienste van gehalte te lewer,” sê Kganyago.






Related Articles