Biosekerheid die sleutel tot internasionale handel

  • 20 June 2022
  • 281
  •  Senwes
  •  
  •  nuus



Dit is die mening van Francois Knowles, registrateur van die Landbouprodukte-agenteraad (Apac), tydens die onlangse Vrystaatse kongres van die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO). Volgens Knowles het die verlies aan Suid-Afrika se bek-en-klouseervrye-status die land se toegang tot internasionale verhandeling van sy landbouprodukte – lewende hawe en produkte in geheel, grootliks benadeel.

“Bek-en-klouseer is ʼn dieresiekte wat die ekonomie op sy knieë kan dwing. Die wêreld sien ons as ʼn onveilige uitvoerbron van dierlike produkte,” sê Knowles. Hy het verder ʼn dringende beroep op produsente gedoen om die regulasies na te volg wat in November 2020 ingestel is om aan die internasionale organisasie vir dieregesondheid se kode te voldoen.

As dié regulasies behoorlik nagevolg word, sal die deure vir plaaslike lewendehawe-produsente volgens Knolwes open. Die regulasies sal veral veilingsondernemings help om die risiko van die verspreiding van beheerde, aanmeldbare en ander dieresiektes te verminder.

Knowles sê verder dat die verbruiker moet weet dat die bedryf se klem op veilige diereprodukte is, terwyl produsente moet sorg dra dat hul biosekerheidspraktyke op plaasvlak korrek is. 






Related Articles