Soos u bewus mag wees, het Senwes en Suidwes suksesvol ‘n transaksie beklink ingevolge waarvan Senwes die aandeelhouer in Suidwes Beherend sal word. Die voorwaardes vir die transaksie is nagekom en gevolglik het u as Suidwes aandeelhouer die keuse om kontant vir u Suidwes aandele te aanvaar (R1,30 vir Suidwes B aandele) of aandele in Senwesbel Beperk (1 Senwesbel aandeel vir elke 3 Suidwes Aandele), die houermaatskappy van Senwes op te neem.
Die Aanbod vir C aandele in Suidwes Beherend is as volg:
U kan slegs aandele in Senwesbel opneem indien u boer en boerdery u hoofaktiwiteit en bron van inkomste is. Indien u nie reageer nie sal dit geag word dat u die kontant opsie vir u aandele kies.
TEN EINDE DIE AANBOD TE IMPLEMENTEER HEG ONS DIE VOLGENDE AAN VIR U DRINGEND AANDAG:
OF
Aanvaarding vir ruil van Senwesbel aandele. Voltooi asb al 4 (vier) die onderstaande vorms:
OF
Die Aanbod is oop vir aanvaarding ooreenkomstig die volgende tydslyne:
U word versoek om die aanvaardingsvorms te voltooi ooreenkomstig die instruksies daarin vervat, en sodanige vorms terugbesorg om ontvang te word teen nie later nie as 12:00 op Maandag, 5 Oktober 2020. Meer spesifiek, aflewering moet soos volg hanteer word:
- per hand: by Charel de Klerkstraat 1, Klerksdorp, Noordwes, Suid-Afrika; of
- per geregistreerde pos: Posbus 31, Klerksdorp, 2570, Noordwes, Suid-Afrika; of
- per faks: + 086 673 3041; of
- per epos: elmarie.joynt@senwes.co.za of claudi.smit@senwes.co.za; of
- vorms kan ook gestuur word aan die Suidwes Maatskappysekretaris: Derek Linde by +27 (018) 581 1000 of derekl@suidwes.co.za, wat sodanige Keusevorms aan die Senwes Groep sal voorsien.
Die Senwes Groep verkies om die vorms per epos te ontvang.
Ons verneem dan graag van u. In geval van navrae moet u nie huiwer om ons te skakel nie.
Byvoorbaat dank
Enige navrae in hierdie verband kan gerig word aan Elmarie Joynt by 018 464 7104 | elmarie.joynt@senwes.co.za of Claudi Smit by 018 464 7121 | claudi.smit@senwes.co.za.