MySenwes - Hulp
Indien jy enige probleme of navrae het, kontak asseblief die MySenwes Hulplyn:
 

 

MySenwes – Agri Markinligting


Markopsomming

Mielies

Plaaslike


• Plaaslike ou-seisoen witmieliepryse het gister die ondersteuning wat laat in Woensdag se sessie begin het volgehou en sterk vertoon.
• Die Maart17 kontrak het wel bo die sielkundige R4000 vlak inbeweeg, maar kon nie bo hierdie vlak bly nie en het teruggesak in die laaste deel van die sessie.
• Die koperondersteuning gister het die potensiaal om pryse te laat styg na die 20- en 100-dag bewegende gemiddeldes rondom R3575/mt.
• Weerstand kan egter ervaar word rondom R3400/mt en daarna R3460/mt.
• Ou-en nuwe seisoen geelmielies het egter gister sterk vertoon en kan toegeskryf word aan die trae tempo van invoere tans. Daar is tot op datum 1 160 120mt ingevoer van ? geraamde 1 850 000mt wat benodig word.
• Nuwe seisoen wit- en geelmieliepryse verhandel effektief sywaarts vir die afgelope twee dae met Julie17 witmielies wat ondersteuning kry op die R3300/mt vlakke.
• Reënvoorspellings vir die volgende 6 dae dui op ? skraal kans vir reën oor die sentrale en westelike produksiegebied, met die kanse wat verbeter vanaf volgende week Dinsdag.
• Temperature bly egter steeds gematig en groeitoestande behoort gunstig te wees gegewe die beskikbare grondvog.
• Die Rand het sedert gister 12:00 sowat 3 sent versterk. Die verwagte pariteitsbeweging gegewe die hoër VSA prysbeweging behoort sywaarts tot effens hoër te wees met markopening.

Internasionaal


• VSA mieliepryse het gister sywaarts verhandel ten spyte van sojabone en koring wat laer verhandel het na die afgelope tyd se goeie lopie.
• Fondse het die afgelope tyd hul koop posisie in kommoditeitsmarkte verhoog en mielies verhandel tans op ? 3-maande hoogtepunt.
• Die Maart 17 kontrak is tans baie naby die 200-dag gemiddeld rondom $3.70 en nuwe fundamentele nuus sal nodig wees om pryse deur hierdie sterk weerstandvlak te dryf.
• Warmer en droëer weer oor Argentinië vir die volgende twee weke laat die mark ook tans ontspan nadat oormaat reën (1500-2500mm oor die laaste 6 maande) oor groot dele van Argentinië se sojaboongebied voorgekom het en produksie na verwagting benadeel het.
• Alhoewel die USDA Argentinië se verwagte mielieproduksie onveranderd gelaat het, is daar reeds Argentynse analiste wat laer mielieproduksievooruitsigte verwag.
• Weeklikse uitvoersyfers is hierdie week uitgestel na more na Maandag se vakansiedag.
• Die mark sal uitvoertempo monitor aangesien die Suid-Amerikaanse oes wat binne die volgende maand in die mark beskikbaar sal word moontlik uitvoervraag weg van die VSA af kan verskuif.

Oliesade

Plaaslike


• Markte verhandel gister gemeng, met sonneblom wat sywaarts verhandel en sojaboon wat swakker verhandel.
• Sonneblompryse verhandel deur die oggend sterker, maar kom sedert die middel van die sessie onder druk om baie naby aan die vorige dag se sluiting te sluit. Maart '17 sonneblom sluit R4/ton hoër op R5584/ton.
• Sojaboonpryse verhandel aanvanklik sywaarts,maar sluit swakker. Maart '17 sluit R50/ton laer op R6470/ton.
• Huidige gebruikstempos dui daarop dat genoegsame sonneblomvoorraad beskikbaar gaan wees, terwyl sojaboonvoorraad effens knap kan wees.
• Die verwagte beweging vandag is swakker, met swakker VSA pryse wat die plaaslike mark onder druk kan plaas.

Internasionaal


• VSA sojaboonpryse verhandel ietwat swakker, maar is steeds naby die onlangse hoogtepunt.
• Die toename in opebelang ondersteun die idee dat fondse tans besig is om sojabone en sojaboonmeel te koop.
• Die weeklikse uitvoersyfers word vandag aangkondig en behoort hoër te wees as in die vorige week.
• Die fokus sal egter nou op die Suid-Amerikaanse stroopproses wees. Brasilië het reeds aan die einde van Desember begin stroop met die stroopproses wat tans in alle erns aan die gang is. Argentinië begin vroeg in Maart hul eerste tonne stroop.

Koring

Plaaslike


• Plaaslik sluit pryse vir Maart ’17 Donderdag R15 afwaarts teen ? vlak van R3993.
• Tegnies verhandel die Maart'17 kontrak in 'n noue sywaartse band tussen R4000 tot R4100.
• In die 5de winteroesskatting vir die 2016 seisoen word die verwagte oes 109,260 ton groter geskat op 1,875,540 ton. Die opbrengs word geskat op 3.68 ton/ha teenoor verlede seisoen se 2.98 ton/ha en oesgrootte van 1,440,000 ton.
• In die nuutste in en uitvoerverslag (17 Jan'17) is geen invoere gerapporteer nie. Progressiewe invoere staan tans op 81,376 ton vir die 2016/2017 bemarkingsjaar wat 1 Oktober afgeskop het.
• In die nuutste leweringsverslag (18 Jan’17) is lewerings van 50,746 ton gerapporteer. Progressiewe lewerings vir die seisoen staan op 1.693 miljoen ton wat 90.28% van die 2016 oesskatting beloop. Vir die 2015 bemarking seisoen wat einde September tot ? einde gekom het is 1.405 miljoen ton lewerings gerapporteer wat 97.59% van die oesskatting beloop het.

Internasionaal


• VSA pryse verhandel verder afwaarts sedert gister en kom die afwaartse druk uit winsneming en produsente wat die onlangse styging gebruik om fisiese koring te verkoop.
• Pryse in die VSA het die week ? twee maand hoogtepunt bereik as gevolg van kleiner winterkoring aanplantings asook droë omstandighede wat heers oor die winter produksie gebied.
• Weervooruitsigte in die VSA vir winterkoring oor die sentrale en suidelike “Plains” word droog verwag met die 6- tot 10-dag wat ook droog lyk. Droë omstandighede het bygedra tot ondersteuning vir pryse en sal die verwikkelinge tans deur markdeelnemers dop gehou word. Vir die Delta streek word beter reënvooruitsigte vir volgende week voorspel.
• Die VSA oppervlakte vir winterkoring word gesien op 32.383 miljoen akker teenoor verlede seisoen se 36.137 miljoen.
• Internasionale markdeelnemers voel dat koring meer verrassings nodig het soos die geval in die USDA verslag was om sterker pryse volhoubaar te hou. Wêreld voorraadvlakke word op rekord vlakke geprojekteer met die VSA se eindvoorraad vir die 2016/2017 seisoen wat op ? 29 jaar hoogtepunt gesien word.

Finansieel

Internasionaal


• Die rand het gister effens teenoor vernaamste geldeenhede versterk. Die rand het tussen R13.67 tot R13.52 teenoor die VSA dollar verhandel voordat dit op R13.54 gesluit het.
• Tegnies het die rand weer die 20-dag bewegende gemiddeld van R13.66 getoets. Die 20-dag bewegende gemiddeld dien tans as sterk weerstand vir 'n swakker rand. Indien die vlak gebreek word, kan vlakke nader aan R13.90 getoets word.
• Die VSA dollar het gister weer verswak en nader aan $1.07 gesluit.
• Tegnies kan vlakke naby aan $1.08 getoets word indien die dollar verder verswak.
• Vanaand is die inhuldigingseremonie van Donald Trump as die nuwe VSA president. Markte sal op enige uitlatings vanaf Donald Trump fokus om te bevestig of hy wel gestand gaan doen aan belasting verlagings en fiskale stimulus.
• Brent ru-olie het gister vlakke onder $54 per vat getoets, maar kon wel effens herstel en weer bo die vlak sluit. Die Internasionale Energie Agentskap het gister aangekondig dat die vraag na olie steeds besig is om toe te neem.
• Die JSE se indeks vir alle aandele het gister effens laer verhandel en op 52,900 gesluit.

Markverslae

Type:

Linkmap

Registreer nou om Senwes Grainlink se Agri Markverslag daagliks via epos en/of SMS te ontvang. Enige vrae en of kommentaar kan gestuur word aan market@senwes.co.za


Facebook   Twitter   YouTube  

 
Indien u enige vrae of kommentaar oor hierdie bladsy het, kontak asseblief vir:
Bernadette  Viljoen | +27 18 464 7209 |




SENWES BEPERK Registrasienommer: 1997 / 005336 / 06
1 Charel de Klerk Straat, Klerksdorp --- Posbus 31, Klerksdorp, 2570
Tel: +27 18 464-7800 | Faks: +27 18 462-4873 | Tolvry: 080 941 4011 | E-mail: info@senwes.co.za
Kredietverskaffer - Ref number: NCRCP 2402
Enige vrae of kommentaar aangaande die webtuiste
kan gerig word aan webmaster@senwes.co.za