Meer oor die
Nasie in Gesprek Toepassing

 

WAT BEHELS DIE NASIE IN GESPREK TOEPASSING?

Gebruikers kan intyds alle besprekings op die toepassing volg, opinies lug asook vrae direk aan die aanbieder in die ateljee rig, wat hy dan met sy gaste kan bespreek. Sodoende kan jy dit beleef asof jy in die Nasie in Gesprek-ateljee is! Die toepassing maak seker dat ieder en elk op hoogte van aktuele landbousake is met die nuutste persverklarings en inligting rondom die tye, paneelgaste en onderwerpe wat bespreek gaan word.