Kaarte

Die volgende kaarte is op aanvraag beskikbaar. Skakel een van ons spesialiste in die GIS- en Kartering-afdeling om te hoor hoe hierdie kaarte jou kan bevoordeel.

PLAASKAARTE

(Produsent se eie data)

Landboukundig

  • Plaasgrense – DGPS;
  • Relatiewe posisie-kaarte – DGPS;
  • Opbrengspotensiaal – Mielies, Sonneblom, Sojabone, Grondneute, Koring;
  • Fisiese eienskappe – Grondtipe, effektiewe diepte, water in profiel, veldkapasiteit, verwelkpunt, plantbeskikbare water;
  • Chemiese analise – N, P, K, Ca, Mg, pH, suurversadiging; en
  • Aanbevelings – P, K, kalk

Jag- en wildsplase

  • Kampgrense, paaie, waterpunte, boorgate;
  • Areabepalings van elke kamp of area op die plaas;
  • Akkurate afstande tussen punte en spoorafstande;
  • Kaarte in elektroniese formaat, wat versoenbaar is met GPS-eenhede;
  • Leiding vir jagters en stappers en maklike rekordhouding van waarnemings en jagopbrengs; en
  • Gebruik vir algemene bestuur en beplanning, advertensies en versekeringsdoeleindes.

GEBIEDSKAARTE

  • Paaie en spoorweë;
  • Dorpe en stede;
  • Provinsiale en munisipale grense; en
  • Plaasgrense.

KLIMAATSKAARTE

Ryp

  • Gemiddelde datum van die eerste voorkoms van ryp (1 in 10 jaar);
  • Gemiddelde datum van die laaste ryp (1 in 10 jaar); en
  • Gemiddelde datum van die eerste voorkoms van ryp (5 in 10 jaar).


Facebook   Twitter   YouTube  



SENWES BEPERK Registrasienommer: 1997 / 005336 / 06
1 Charel de Klerk Straat, Klerksdorp --- Posbus 31, Klerksdorp, 2570
Tel: +27 18 464-7800 | Faks: +27 18 462-4873 | Tolvry: 080 941 4011 | E-mail: info@senwes.co.za
Kredietverskaffer - Ref number: NCRCP 2402
Enige vrae of kommentaar aangaande die webtuiste
kan gerig word aan webmaster@senwes.co.za