Grainlink

Senwes Grainlink bestaan tans uit die bedryfsafdeling, wat die silo-, verkrygings-, saad-, makelaars- en ingenieursbedrywe insluit. Daar word gefokus op kliënteverhoudings, markanalises, nuwe besigheid, makelaarsdienste, en spesialiteitsprodukte. Die graanbemarkingsafdeling funksioneer in die Senwes Groep as ‘n entiteit, apart van Grainlink en staan bekend as TradeVantage.


Die algehele strategiese rigting van die afdeling is gebaseer op:
  • Die beskerming van die huidige markaandeel (Senwes area) met ‘n spesifieke fokus om mark toegang aan graan produsente en graan verwerkers te bied.
  • Die uitbreiding van markaandeel in die Suid-Afrikaanse nasionale graanmark.
  • Die uitbreiding van betrokkenheid in die Sub-Sahara graan mark.
  • Ontwikkeling van die vermoë om waarde van internasionale handel te ontsluit.
  • Diversifikasie binne die waardeketting (plaashek tot meul deur).
  • Markleierskap met betrekking tot diensvlakke en produkte.

Navrae: Hoofbestuurder Grainlink



Facebook   Twitter   YouTube  



SENWES BEPERK Registrasienommer: 1997 / 005336 / 06
1 Charel de Klerk Straat, Klerksdorp --- Posbus 31, Klerksdorp, 2570
Tel: +27 18 464-7800 | Faks: +27 18 462-4873 | Tolvry: 080 941 4011 | E-mail: info@senwes.co.za
Kredietverskaffer - Ref number: NCRCP 2402
Enige vrae of kommentaar aangaande die webtuiste
kan gerig word aan webmaster@senwes.co.za