Veranderlike toediening

Verandelike toediening is die fase in presisieboerdery waar die plan van die produsent, gebaseer op die beskikbare data, geïmplementeer word en die voordeel van presisieboerdery ontsluit word.

Die vermoë en aanpasbaarheid van die veranderlike toedieningstelsel is belangrik ten einde dit te optimaliseer.

Stelsels met die volgende vermoëns behoort oorweeg te word:

  • Die vermoë om meer as een produk gelyktydig en onafhanklik toe te dien.
  • Die vermoë om sekere komponente van die stelsels te gebruik vir ‘n aantal verskillende aksies, soos bemesting, strooi, spuit, navigasie, ens.
  • Die toedieningsvermoë van die stelsel, bedoelende dat daar vanaf baie lae peile tot by baie hoë peile toegedien kan word met ‘n groot aantal inkremente.

Eienskappe van X20 kunsmis- en saadbeheer

Aandrywing deur sterk elektriese motors, hidroliese motors en aktueerders

  • Beheer korrel, vloeibaar, NH3-gas en saad
  • Beheer vier produkte gelyktydig en onafhanklik
  • Aangepas vir saaikaste en bestaande implemente en balke

Eienskappe van X20 strooierbeheer

  • Strooibeheer en veranderlik
  • Kan tot twee belde en spinners gelyktydig beheer
  • Maklike kalibrasie kompenseer vir hekopening
  • Maklike omskakeling van alle strooiers

Eienskappe van X20 spuitbeheer

  • Spuitbeheer en veranderlik
  • Spuit tot drie produkte gelyktydig, maar onafhanklik
  • Beheer tot ses balk-seksies en twee balke per produk
  • Aanpasbaar tot alle bestaande spuite
  • Pas outomaties aan by pomplewering en bestuurstyl
  • Outomatiese seksie beheer om oorbespuiting te voorkom

Eienskappe van Field Doc & Seedstar

* Spesifiek vir John Deere-stelsels

  • Field Doc maak rekordhouding maklik
  • Outomatiese landgrens en noteerpunt vaslegging
  • Benodig vir veranderlike toediening vanaf voorskrifkaarte vir saad en een insetproduk
  • Beplanning van veldaksies
  • Multi "client"-opsie
  • Noteer toestande van klimaat, grond, grondvog, bewerking ens. tydens veldaksies
  • Gewasrekordhouding van byvoorbeeld operateur, implement, plaas, land, gewas en kultivar
  • Koppeling met derde party beheerstelsels
  • Rekordhouding van produkte en inkremente toegedien

    Besoek www.deere.com/en_US/ag/services/ams/


Facebook   Twitter   YouTube  



SENWES BEPERK Registrasienommer: 1997 / 005336 / 06
1 Charel de Klerk Straat, Klerksdorp --- Posbus 31, Klerksdorp, 2570
Tel: +27 18 464-7800 | Faks: +27 18 462-4873 | Tolvry: 080 941 4011 | E-mail: info@senwes.co.za
Kredietverskaffer - Ref number: NCRCP 2402
Enige vrae of kommentaar aangaande die webtuiste
kan gerig word aan webmaster@senwes.co.za