Sagteware

Presisieboerdery-sagteware en verwante rekordhouding-sagteware is van die belangrikste komponente in ‘n presisieboerdery pakket. Hoe meer funksies die sagteware oor beskik en hoe meer aanpasbaar die sagteware tot verskillende handelsmerke se toerusting, hoe beter.

Farmstarlite-sagteware

‘n Volledige en omvattende presisieboerdery-sagtewarepakket.

Eienskappe

  • Intrek en verwerking van:
    • Stroperdata (verskeie monitors) na bv. opbrengskaarte.
    • Chemiese ontledingsdata na bv. ph, p, ca, ens. -kaarte.
    • Gronddata na bv. effektiewe diepte- en potensiaalkaarte.
    • Kunsmis en bekalkingsdata na bv. voorskrifkaarte.
    • Seisoene of jare se data na bv. gemiddelde kaarte vir die jare.
    • GPS-punte en -lyne na bv. landgrense, kampdrade en noteerpunte.
  • Vertoon noteerpunt en toepaslike data van die noteerpunt gelyktydig
  • Lewendige kartering wanneer GPS aan en gekoppel is aan skootrekenaar vir opmeting en noteerpunte
  • Statistiese verwerking van data vir geselekteerde areas
  • Onderverdeling van data
  • Voer data uit in ‘n verskeidenheid formate bv. .shp en .csv
  • Saamstel en uitskryf van voorskriflêers (verskeie beheerders) vir veranderlike toediening

    Besoek www.fairport.com.au

APEX-sagteware

* Spesifiek vir John Deere-stelsels

Eienskappe

  • Plaas- en landkaarte
  • Verwerk Greenstar-opbrengsdata (opbrengs, vog, hoogte, ens.)
  • Rekordhouding (insette, voorraad, implemente, bewerkings, kontrakteurs, besproeiing, klimatologie, ekonomie, ens.)
  • Saamstel van voorskrifkaarte vir veranderlike toediening
  • Uitskryf van voorskriflêers vir spesifieke aksies soos stroop, opmeting, veranderlike toediening, ens.
  • Verslae aangaande punte en veelhoeke
  • Uitdruk van kaarte en verslae
  • Gebruik die "plug in"-funksie om agleader-opbrengsdata in te voer
  • Beperkte invoer- en uitvoerfunksies


Facebook   Twitter   YouTube  



SENWES BEPERK Registrasienommer: 1997 / 005336 / 06
1 Charel de Klerk Straat, Klerksdorp --- Posbus 31, Klerksdorp, 2570
Tel: +27 18 464-7800 | Faks: +27 18 462-4873 | Tolvry: 080 941 4011 | E-mail: info@senwes.co.za
Kredietverskaffer - Ref number: NCRCP 2402
Enige vrae of kommentaar aangaande die webtuiste
kan gerig word aan webmaster@senwes.co.za