Senwes Equipment

Senwes Equipment is verantwoordelik vir die verskaffing van meganisasie- en instandhoudingsdienste wat verband hou met landboutoerusting, aan die landbouprodusent. Senwes Equipment se strategiese doelwit is om die verskaffer van keuse van alle meganisasiebehoeftes aan die landbouprodusent te wees. Senwes is ook ‘n John Deere Agentskap wat heelgoedere en onderdele vanuit 25 takke en 14 meganisasiewerkswinkels aan produsente en klante bied.


Senwes Equipment is die verskaffer van kwaliteit landboutoerusting soos trekkers, stropers, balers, planters en ander landbouwerktuie. Ons is die boer se betroubare meganisasievennoot wat kan help om boerdery-insetkoste te verlaag en winste te verhoog. Deur middel van ons gespesialiseerde werkswinkels, bied Senwes Equipment ook volhoubare langtermyn ondersteuning en ongeëwenaarde naverkopediens. 

Senwes Equipment is jou intelligente keuse as dit kom by ‘n meganisasie-oplossing, want ons bied jou gehalte onderdele, asook kwaliteit gebruikte heelwerktuie. Met 100 jaar se ervaring kan uitstekende diens, gehalte produkte, kundige advies en plattelandse vriendelikheid verseker word.

Senwes Equipment afdelings:



Facebook   Twitter   YouTube  



SENWES BEPERK Registrasienommer: 1997 / 005336 / 06
1 Charel de Klerk Straat, Klerksdorp --- Posbus 31, Klerksdorp, 2570
Tel: +27 18 464-7800 | Faks: +27 18 462-4873 | Tolvry: 080 941 4011 | E-mail: info@senwes.co.za
Kredietverskaffer - Ref number: NCRCP 2402
Enige vrae of kommentaar aangaande die webtuiste
kan gerig word aan webmaster@senwes.co.za