MARKINTELLIGENSIE

 

Senwes Markintelligensie vorm deel van die Grainlink-stal en bied oplossings aan produsente en graankopers vir al hulle bemarkings- en verkrygingsbehoeftes. Die Basislink-platfrom verseker dat graan deurgaans op ʼn geloofwaardige wyse aan die mark gelewer word; hetsy op die plek, op ʼn vooruitbasis of deur ʼn jaarlikse opbergingsopsie. Mielies, oliesade, koring en sagte kommoditeite word hierby ingesluit en verkryging geskied direk by produsente teen markverwante premies.

Noue samewerking tussen die Grainlink Silo-span en Grainovation verseker kliënte van nommerpas oplossings vanaf die plaashek tot by die meuldeur.