Produkte & Dienste

Senwes is ‘n landbou-onderneming wat gefokus is op die verskaffing van produksie-insette aan hoofsaaklik graanprodusente, sowel as marktoegang vir landbouprodukte. Dit is strategies gekoppel met die verskaffing van waardetoevoegende dienste, wat onder andere finansiering, versekering en landbou-tegniese dienste insluit. Vind uit meer oor Senwes se produkte en dienste in hul vier oorhoofse afdelings: Grainlink, Village, Landboudienste en Credit.

Senwes Grainlink

Senwes Grainlink fokus hoofsaaklik op die skep van marktoegang vir die graanprodusent sowel as die verkryging en bemarking van graan, hantering en opberging van graan en die logistieke dienste vir die verkryging en verspreiding van graan. Grainlink beskik oor meer as 70 graansilo's, bunkers en deurvoerpunte met 'n gesamentlike innametempo van ongeveer 15 000 ton per uur. Dié silo’s bied ‘n storingskapasiteit van 4.8 miljoen ton en hanteer sowat 30% van die land se somer- en wintergraanoes.

Senwes Equipment

Senwes Equipment is verantwoordelik vir die verskaffing van meganisasie- en instandhoudingsdienste wat verband hou met landboutoerusting, aan die landbouprodusent. Senwes Equipment se strategiese doelwit is om die verskaffer van keuse van alle meganisasiebehoeftes aan die landbouprodusent te wees. Senwes is ook ‘n John Deere Agentskap wat heelgoedere en onderdele vanuit 25 takke en 14 meganisasiewerkswinkels aan produsente en klante bied.

 

Senwes Credit

Senwes Credit is ‘n geregistreerde kredietverskaffer wat in samewerking met Wesbank batefinansiering aan Senwes kliënte verskaf. Senwes Credit is die finansieringskakel tussen die landbouprodusent en Senwes se ander bedryfsaktiwiteite. Ons bied markgerigte diens, ‘n flinke kredietkeuringsproses en bemarkingsondersteuning deur persoonlike besoeke aan kliënte.

Senwes Landboudienste

Senwes Landboudienste is daar om jou te help om jou unieke boerdery-onderneming te ontwikkel en te verseker dat jy vooruit boer. Ons help jou om jou agri-besigheid deur middel van gespesialiseerde bystand en kundigheid te optimaliseer deur risiko’s te beperk en uitsette te verhoog. Ons bied dienste aan soos onder andere: landbou-ekonomie, agronomie, grondkartering, ontwikkelende landbou en GIS.

Kontak ons



Facebook   Twitter   YouTube  



SENWES BEPERK Registrasienommer: 1997 / 005336 / 06
1 Charel de Klerk Straat, Klerksdorp --- Posbus 31, Klerksdorp, 2570
Tel: +27 18 464-7800 | Faks: +27 18 462-4873 | Tolvry: 080 941 4011 | E-mail: info@senwes.co.za
Kredietverskaffer - Ref number: NCRCP 2402
Enige vrae of kommentaar aangaande die webtuiste
kan gerig word aan webmaster@senwes.co.za