Senwes Uitvoerende Komitee
Dit is die plig van die hoof uitvoerende beampte om strategieë en beleide, soos goedgekeur deur die direksie, uit te voer, om die besigheid te bestuur en om alle opdragte van die direksie uit te voer. Die hoof uitvoerende beampte word ondersteun deur ‘n bestuurspan, soos aangedui in die onderstaande struktuur
LEIERSKAPSTRUKTUUR |
FRANCOIS STRYDOM - GROEP HOOF UITVOERENDE BEAMPTE
B.Sc Landbou (Hons) (Veekunde)
Meer oor Francois
Francois is die afgelope vyf jaar al in dié posisie. Hy het 25 jaar korporatiewe besigheidsondervinding gehad voor hierdie aanstelling. Sy hoof verantwoordelikhede is om besigheidsprestasie, groei en finansiële lewensvatbaarheid te verseker. Hy is ook getaak met die korporatiewe beheer en die korporatiewe kultuur van die maatskappy, sowel as om verhoudings met belanghebbendes te handhaaf, om ’n oorhoofse strategie vir die groep te ontwikkel en te definieer en die Senwes handelsmerk te bevorder.