Senwes Handelsmerk
HANDELSMERKBELOFTE
Senwes word gekenmerk deur sy integriteit, lojaliteit en professionalisme, wat gereflekteer word in al sy besigheidsaktiwiteite. Die strategiese benadering is gerig op groei en diversifikasie en deur ’n groter mate van integriteit binne die landbou- en voedselwaardeketting teweeg te bring.
VERANTWOORDELIKHEID
Die Senwes Groep het ‘n geïntegreerde besigheidsmodel en is verantwoordelik daarvoor om ‘n betekenisvolle bydrae te lewer en volhoubare waarde te skep vir alle belanghebbendes, en daardeur ‘n bydrae te lewer tot voedselsekerheid in Suid-Afrika. Senwes fokus op die verskaffing van innoverende en geïntegreerde oplossings vir voedselprodusente en rolspelers in die voedselwaardeketting en is die voorkeur beleggingsvennoot, werkgewer, verskaffer, verspreidingskanaal en korporatiewe burger.