SENWES EQUIPMENT
Senwes Equipment is 'n landboutoerustings- en dienstegroep, wat landboumeganisasie-produkte en implemente sowel as instandhoudings- en presisieboerderyoplossings aan produsente bied.
Meer oor Senwes Equipment
HINTERLAND GROEP
Die Hinterland Groep, deur sy groothandel-, kleinhandel- en brandstofbesighede, spesialiseer in die verskaffing van insetprodukte vir 'n verskeidenheid van landboupraktyke en bied 'n wye reeks hardeware en geriefsprodukte aan die algemene publiek.
Hinterland verleen ook bystand aan produsente met besproeiing, dierevoer en -medisyne en is 'n prominente groothandelaar en verskaffer van 'n wye verskeidenheid landbouprodukte en algemene kommoditeite tussen die produsent en die eindverbruiker.
Meer oor die Hinterland Groep
JDI
JD Implemente verbreed Senwes Equipment se geografiese voetspoor deur landbou-meganisasie- en instandhoudingsoplossings in die Wes- en Oos-Kaap te bied.
Meer oor JDI
STAALMEESTER
Staalmeester vergroot Senwes Equipment se produkaanbieding deur die vervaardiging en invoer van landboutoerusting vir klein en mediumgrootte landbouers.
Meer oor Staalmeester
FALCON
Falcon vergroot Senwes Equipment se mededingende voordeel in die landbousektor deur die vervaardiging en verspreiding van onderdele en implemente, wat deur 'n trekker getrek word, aan die Suid-Afrikaanse en sub-Sahara landbou- en grasbaanmarkte.
Meer oor Falcon
KLK
Die KLK Landbou Groep spesialiseer in die verkryging, verwerking, verspreiding en verkoop van landboubenodigdhede, -produkte, -dienste en nisprodukte in die Noord-Kaap deur sy kleinhandel-, lewendehawe-, brandstof-, motoragentskap- en finansiële dienstebesighede.
Meer oor KLK
BASTION
Bastion spesialiseer in die produksie en bemarking van hoë kwaliteit kalk en verskaf dolomitiese en gipsprodukte vir landbou- en nywerheidsdoeleindes.
Meer oor Bastion
SUIDWES
Suidwes Holdings het gegroei tot 'n groot en gerespekteerde landboubesigheid. Dit is geografies een van die grootste landboubesighede in Suid-Afrika en bedien 'n oppervlakte van 13,5 miljoen hektaar.
Meer oor Suidwes