Volgens Cape Wools het die veiling uit ‘n aanbod van 7 510 bale bestaan waarvan die grootste aanbod in die medium-lengte en fyn mikron-kategorieë was. ‘n Verkoopspersentasie van 92,6% is behaal vir die beperkte aanbod wol wat as volhoubaar gesertifiseer is.
Dié opwaartse neiging word toegeskryf aan ʼn verbeterde belangstelling en vraag na goeie kwaliteit Merino-wol.
Gemiddelde prysverhandeling per kategorie (per kilogram)
- 18 mikron, R210,60
- 18,5 mikron, R200,59
- 19 mikron, R188,54
- 19,5 mikron, R177,73
- 20 mikron, R164,00
- 20,5 mikron, R151,11
- 21 mikron, R153,95
- 21,5 mikron, R149,98
- 22 mikron, R138,71
- 22,5 mikron, R146,15
Die volgende veiling vind plaas op 24 Februarie en nagenoeg 7 748 bale sal te koop aangebied word.